Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Theuns Jordaan het ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ glo gesteel by Gert Vlok Nel

Ek is nog nooit ‘n fan van Afrikaans-pop gewees nie, maar wanneer 7de Laan klas drama van die kassie af skuif na die Afrikaans-pop wêreld toe, kan ek nie anders as ‘n bak popcorn nader sleep nie. Hier kom ‘n show.

Theuns Jordaan het 'Beautiful in Beaufort-Wes' glo gesteel by Gert Vlok Nel

Gert Vlok Nel sê Theuns Jordaan het ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ gesteel

In ‘n lang Facebook post het Gert Vlok Nel verduidelik hoe Theuns Jordaan die lied ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ gesteel het by hom en dat hy nog nie veel geld gekry het vir sy lied se gebruik nie.

‘Beautiful in Beaufort-Wes’ is die lied waarop Theuns Jordaan sy loopbaan gebou het, nadt hy die lied gespeel het vir ‘n opname van die geselsprogram Maak ‘n Las. Gelukkig vir Theuns het hy nie ook iets vreeslik oorgekom soos baie van die mense wat op Maak ‘n Las was nie, en nou het hy al vyf albums en talle live shows gedoen, alles op die rug van Gert se lied.

Nou gaan daar seker ‘n bom bars in Afrikaans-pop, asof niemand geweet het dat al die bekende Afrikaans-pop kunstenaars (ek herhaal, almal van hulle, elke liewe een) skryf nie hulle eie musiek nie. Die keer is dit net baie persoonlik omdat ‘n Afrikaans-pop kunstenaar van ‘n ander Afrikaans-pop kunstenaar gesteel het. Nel reken dat Jordaan hom nooit gevra het vir toestemming om ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ te speel nie.

Gewoonlik koop Afrikaans-pop kunstenaars hulle musiek van buitelanders. Toe ek jare terug in Oostenryk gaan ski het kon ek nie glo hoeveel keer hoor ek liedjies van byvoorbeeld Laurika Rauch hoor, maar in Duits. Na bietjie ondersoek het ek uitgevind dat dit par for the course is vir Afrikaans-pop kunstenaars om musiek te koop van Europa af en dan net hul eie Afrikaans “lirieke” te gebruik. Geen verrassing hier nie.

Gert Vlok Nel haal die mes uit vir SAMRO ook

Glo kry Nel nie die royalties wat hy veronderstel is om te kry nie, en glo word hy net betaal vir twee optredes van sy song ‘n jaar. Ek is 100% seker daarvan dat Jordaan meer as twee shows doen ‘n jaar, en ek is 100% seker daarvan dat Jordaan by elke show ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ speel. Glo het Nel in Beaufort-Wes gebly sedert 2001 tot 2009 en volgens sy Wikipedia page is hy in die dorp gebore ook. Jordaan aan die ander kant het nog nooit in die oorstop-dorpie gebly nie.

Ek kan eerlikwaar sê dat ek nie weet hoe die song klink nie. Ek kan ook eerlikwaar sê dat ek weet nie wie Gert Fok Nel is nie. Daar het Nel seker ‘n punt: Indien Jordaan die lied gesteel het, het hy seker Nel se celebrity status en die rykdom wat daarmee kom ook gesteel. Dit is eintlik ongelooflik dat Jordaan al vir so lank een van die top name in Afrikaans-pop is. Veral as jy vat dat Jordaan nog nooit gesing het in sy lewe nie, hy praat meestal net oor backtracks en kom ons praat maar eerder nie oor daardie keer toe hy ‘n jong dame ‘n poes genoem het nie. Dan is daar natuurlik daardie 80s kantpaadjie wat Jordaan nogsteeds rock.

Ja, ek weet ook nie hoe raak die fokkers famous nie.

Your move, Theuns Jordaan

Ek stel voor jy trek vir jou ook popcorn nader. Ek is seker ons kan nog Facebook-persverklarings verwag. Hierdie gaan voorblad Huisgenoot stories wees, maar dit gaan net so vinnig weer verdwyn soos wat dit begin het, so ses ure terug op Nel se Facebook page.

Wie het ‘Beautiful in Beaufort-Wes’ eintlik geskryf? Ek weet nie. Vir al wat ek weet is hierdie Leon Schuster se nuutste prank en hy is eintlik die Gert Fok Nel ou. Ons weet nou mos die Afrikaans-pop-skapies is dom genoeg om te val vir enige kak.

P.S my gunsteling comment op die storie sover:

Comment

Kyk, as ‘n iets ‘n Afrikaner kan kry om sy rum en coke te mors, moet jy weet daar is krag.

You may also like...

8 Responses

  1. victor says:

    Albei “sangers” klink of hulle huil oor die buurman se brak as hulle die k*k “sing” wat al 10 jaar terug begrawe is

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @victor: Yes, ou koeie

  3. Vannhh says:

    Dis nou wel baie hartseer, maar ek sukkel om te simpatiseer as n werkskollega in ons workshop heeltyd sy een Skouspel CD of iets soortgelyks speel. Juanita du Plessis se verbale uitbrake tussen lirieke gee mens aambuie, en jy het nog nie kak gehoor tot jy gehoor het hoe Afrikaanse “kunstenare” n cover version van Van Halen se jump doen waar almal soos n klomp overdramatic drag queens klink nie. Ek mors sommer my rum en my lunch deurmekaar oor my keyboard.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Ek moet sê ek het self nie veel simpatie vir die saak nie, dus dryf ek die spot daarmee. Hoe kan ek simpatie hê as die hele industrie bestaan uit narre wat ander se musiek aan ons probeer afsmeer as hul eie? Jy moet die fokkers corner oor die saak voor hulle sal erken dat hulle die musiek koop. Kom ons begin eerder nie praat oor die backtracks en die autotune nie.

    Daar is goeie Afrikaansmusiek daar buite, maar jy gaan dit nie by Skouspel, Krone of enige van daardie ander kak sien nie.

  5. Vannhh says:

    @stix : “Ja, ek weet ook nie hoe raak die fokkers famous nie.” som die hele storie nogal goed op hahaha.
    Ek wens Fokof wil hulle kak stop en weer n comeback maak. Van Coke is nie sleg nie, maar hulle het net nie dieselfde magic wat Fokof gehad het nie.
    Ek kan iemand wat Riana Nel luister nog tegemoet kom ook want sy is fokken aan – Huisgenoot sal n jaar se skandaal berigte werd he as sy my net n halwe kans gee-, maar in general is net Afrikaanse rock worth die lusiter.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Ongelukkig gaan die fokof ding nie gebeur nie. Die ouens is nou verby die stadium in hul lewens waar hulle oor niks hoef te worry nie. Nou is daar vrouens/kinders om voor te sorg, en by Skouspel coin jy. Vandaar Heuwels Fantasties en Van Coke/Zoid se thing.

  7. Piet says:

    Ek wonder of hierdie nie net ‘n marketing trick is om albei sangers se loopbane weer lewe te gee nie.

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Piet: Jis, jy mag dalk net reg wees! Het nooit so daaraan gedink nie, maar dit maak sin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *