Selfs Beeld raak deurmekaar met die komminers

Selfs Beeld sukkel partykeer om te onderskei tussen verskillende sangers van kommin Afrikaanse musiek. Dit moet wees omdat daar so moer baie is.

In vanoggend se koerant plaas hulle die verhale van ‘n paar Afrikaanse sangers wat vertel hoe daar op Suid-Afrikaanse lughawens goed uit hulle bagasie gesteel is. Wat ‘n fokken skok – Afrikaanse sangers is ook net mense wat geraak word deur misdaad! Onderaan die berig plaas hulle toe ‘n foto van Bobby Dis-‘n-Tottie van Jaarsveld, maar noem hom toe sommer Jakkie Louw.

Hierdie berig shatter seker party Skoupsel fans se hele wêrelduitkyk. Ek kan die gesnak na asem al hoor… “Nee, wat? Ek glo dit nie! Bobby is ook net ‘n mens? Ek hoop nie hy poep of tos dalk ook nie!”

Jakkie. Of is dit Bobby? Fok, is dit Sokkie of Baby? Ag fok hierdie kak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"