Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“Stuck between a rock and a metal place” Playlist

Nou die dag ry ek en ‘n buddy in die kar. “Die radio maak my net die moer in. Ek is klaar met probeer ‘n stasie kry nou, ek stream maar musiek deur my foon.”

Ja, Deezer maak dit baie maklik om te luister na jou keuse van musiek deur die Deezer app. Jy kan Deezer for free gebruik, en dan hoor jy net ‘n advertensie so nou en dan tussen die musiek deur. Of jy kan ‘n paid account kry vir R59.99 ‘n maand. Dan kan jy jou gunsteling songs download sodat jy daarna kan luister sonder om deur al jou data te brand.

Een van my gusteling goed van Deezer is die feit dat jy playlists kan maak. Ek maak van tyd tot tyd ‘n playlist, soos die een hier onder.

Stuck between a Rock and a Metal place

Stuck Between a Rock and a Metal place

Die musiek waarna ek luister wissel. Meeste van die tyd dryf ek rond tussen rock en metal. In hierdie playlist sal jy iets van altwee kante van die spectrum kry. Classic rock stuff soos ZZ Top en Jimi Hendrix, tot by nu-metaly stuff soos American Head Charge en Rage Against the Machine.

Ek gooi ook so bietjie Wolfmother, Nazareth, Audioslave en Clutch in die mix. All in all ‘n lekker playlist of soundtrack te speel vir so bietjie meer as ‘n uur van jou lewe.

Waarvoor wag jy? Gaan kry sommer nou vir jou die Deezer App. Jy is immers nou besig op jou foon, is jy nie? Los ‘n voorstel van ‘n song wat jy wil hoor in my volgende playlist in die comments hier onder. Of tweet dit sommer vir my by @gevaaalikdotcom.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *