Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ice-T en Body Count is terug

As jy al ooit gewonder het waar Limp Bizkit hulle inspirasie vanaf getrek het, kan ek jou verseker dat een van die grootste influences vir Fred Durst die band Body Count was/is. Body Count is Ice-T se band, ‘n thrash metal band volgens die Body Count Wikipedia page. Ek voel die term thrash is nie heeltemal reg nie, maar daar is defnitief ‘n soortgelyke gevoel.

Body Count het in 1992 golwe gemaak vir die song “Cop Killer” vanaf die self-titled eerste album. Hierdie jaar kom Body Count se 5de album uit, met die naam Manslaughter. “Fuck the police” is die lirieke in “Cop Killer” en blykbaar dieselfde vir enige iemand anders wat moontlik offended kan raak oor enige iets. Body Count se lirieke is nogaltyd threatening en lyk my die nuwe album gaan glad nie anders wees nie.

Body Count Manslaughter Cover

“Talk Shit, Get Shot” is die eerste sneak peak wat ons kry van Body Count se nuwe album. Ice-T het die song gespeel op sy podcast Final Level. As jy nie hou van gangster-talk nie, moet nie eers bother met die hele podcast nie. Terme soos, yo, homie, dog, know wha’ I’m sayin’ en OG word gereëld rondgegooi. Jy kan wel net skip tot by die 34 minuut merk.

As jy hou van angry heavy rock met so bietjie rap (basies wat Limp Bizkit so goed doen) dan is Body Count defnitief vir jou. Ek is nou sommer opgewonde vir nuwe album. Ice-T het al gesê Manslaughter word release op 10 Junie 2014, maar niks is official nie.

Los ‘n comment en laat weet wat jy dink.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *