Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies en 1000 artikels op gevaaalik.com

Daar is volgens my nie ‘n beter manier om 1000 artikels op gevaaalik.com te vier as met Stoute Boudjies nie! gevaaalik.com het al ver gekom. Van iets wat begin het as ‘n grap tussen ‘n paar vriende, tot iets wat daagliks entertainment bring vir julle. Van 8 visits op ons eerste dag (waarvan ek seker is 6 net vriende van ons was), to meer as 70 000 pageviews ‘n maand. Van net ‘n website, tot by ons podcasts wat al hoe meer mense begin luister. Van iets wat niemand van geweet het nie, tot ‘n Runner up in die SA Blog Awards. Dit alles en ons is nog nie eers twee jaar oud nie.

Ek is seker dat ek vir my en die hele gevaaalik.com crew praat as ek sê dat ons baie bly is om julle, ons lesers en nou luisteraars, saam met ons vir hierdie ride te hê. As dit nie was vir die e-mails, tweets en Facebook boodskappe was nie sou ek lankal iets anders gekry het om met my tyd te doen. Maar ek is nou verantwoordelik vir meer as net kak skryf vir gevaaalik.com, ek is verantwoordelik vir elkeen van julle wat verwag om elke dag iets nuuts te sien op gevaaalik.com.

Ons het oor die laaste jaar en tien maande ‘n following van die fokken coolste mense op die aarde gekry en dit groei elke dag. Daar kruip so hier en daar ‘n doos met cunty behavior tussen die planke uit, maar hulle word gou op hulle plekke gesit deur al die positiewe en cool mense wat ons ondersteun. Dankie vir dit. Die fok weet waarheen is gevaaalik.com oppad, ons is self nie heeltemal seker nie, maar ons like om te dink dat ons saam met julle iets kan maak wat ‘n indruk gaan los op Suid-Afrika en die wêreld.

Ek gaan vanmiddag ‘n rokie maak en ‘n bier drink op elkeen van julle. Cheers!

Geniet die week se Soute Boudjies.

You may also like...

2 Responses

  1. Richard says:

    Beste website wat daar is, moet elke dag kom kyk wat hier aangaan!

  2. Stix says:

    Dankie bra en dankie dat jy elke dag kom inloer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *