Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vrydag Bederf sneak peaks

Ek slaap min. Gisteraand was ek 12:20 in die bed en weer 05:05 uit die bed uit. Ek voel verbasend goed. Ek voel asof ek goed regkry. ‘n Goeie vriend stuur onlang vir my ‘n ding van ‘n dame wat ‘n gaming headset weggee, want die mense wat die brand import glo dat sy game. Ek kry miskien nie jou tradisionele ambassador deals nie, maar ek is ook anders as daardie girl. Vir een, ek het vir JOU. ‘n Regte mens. ‘n Hele gehoor van julle wat graag julle geld uithaal en wys vir ‘n saadjie of ‘n t-hemp.

Ek het dalk nie ‘n cool gaming headset “sponsor” nie. Maar ek het ‘n regte gehoor wat my support en daarvoor is ek meer dankbaar as overpriced tech freebies. Daarom werk ek mygat af aan nuwe t-shirts vir julle. Hier onder is ‘n sneak peak van een van daardie hemde wat kom. Raai watter een?

Geniet die Vrydag Bederf, op weereens ‘n ander dag as Vrydag.

Die een hier bo is nog nie te koop nie. Eers op 1 Februarie sal jy daardie orders begin in kry op komedie.co.za. Die hemp hier onder is ook nuut, maar ek het hom gister live gemaak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *