Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Smashing Pumpkins – Siamese Dream

Die Grunge era was volgens my een van die beter eras in musiek.  Dit het bands soos Sound Garden, Nirvana, Red Hot Chili Peppers, Pearl Jam, Stone Temple Pilots en Smashing Pumpkins opgelewer.  Nie ‘n slegte lys as jy enigsins musiek waardeer nie.

Ek wil graag fokus op Smashing Pumpkins se Siamese Dream album.  Die album is release op 27 Julie 1993 en was dadelik nommer 10 op die Billboard Charts.  Dit het meer as 6 miljoen kopieë verkoop wêreldwyd, en is verseker een van die beste rock albums van alle tye.  As jy dit nog nie ‘n luister gegee het nie, doen dit gerus.  Jy behoort ten minste so 4 van die songs te ken, songs soos “Cherub Rock”, “Today”, “Disarm” en “Rocket” is van die bekendes van die album af.  Ek is dankbaar dat die album dit so groot gemaak het, want Billy Corgan (producer, lead singer en guitarist) het gereken dat hy verseker ‘n einde aan die groep sou bring indien die album nie so ‘n groot sukses was nie.  Tydens die opname-proses was daar baie negatiewe wrywing in die groep, onder andere ‘n drummer wat hoogs verslaaf was aan hardcore draks en vir dae aaneen vermis was, die guitarist en bassist wie se liefdesverhouding tot ‘n einde gekom het (goeie timing daarso ouens) en Billy Corgan wat verskriklike depressie en “writer’s block” gehad het.  Fokken rock stars darem, die arme goed.

Smashing Pumpkins

Tog het hulle saam met Butch Vig (Die genie agter onder andere Nevermind van Nirvana) ‘n meesterstuk van ‘n album gemaak.  Dit is ‘n mengsel van progressive rock, hard rock, mooi ballads en vele meer.  Corgan se unieke stem, guitar en weird depressiewe lirieke bring die hele album bymekaar en maak dit, soos vroeër genoem, een van die beste rock/grunge/progressive/semi-metal albums wat jy in die hande sal kry.  Die album cover lyk so, vir wanneer jy dit nou gaan koop by ‘n CD winkel en nie download nie natuurlik:

Siamese dream album

Kyk na hierdie live performance van “Geek USA”, as jy nie headbang of air-drums speel na 20 sekondes nie moet jy miskien rave musiek probeer.

Daarsy, enjoy die album en rock the fuck on!

 

You may also like...

1 Response

  1. November 18, 2014

    […] hulle was nie. verseker een van die beste bands wat daar nog was, maar hulle is verseker nie meer Siamese Dream-era The Smashing Pumpkins nie. Ons weet ook natuurlik dat die lede van die band baie verander het, met Billy Corgan wat […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *