Foo Fighters – Wasting Light Review

Wat kry jy as jy vir Dave Grohl en Butch Vig saam in ‘n recording studio sit? Wel, in 1991 sou jy Nirvana se album Nevermind gekry het. Sit nou daardie twee saam in die recording studio met die ekstra hulp van Chris Shiflett, Nate Mendel, Taylor Hawkins en Pat Smear, en jy kry shear brilliance en ‘n kakton rock en roll.

Wasting Light is Foo Fighter se nuutste vollengte album. Ek gaan nie hier kan rondfok nie: hierdie mag dalk net Foo Fighters se beste album tot op hede wees. Van die opening track (“Bridge Burning”) al die pad deur tot by die laaste song (“Walk”) is hierdie ‘n hard rock, blaas-jou-ore-uit-rolercoaster-ride van musikale cool. Selfs al is jy nie ‘n hard rock fan nie en die hardste album wat jy besit is ‘n Nickelback-foutjie, sal Wasting Light jou nie laat strek vir jou Boys to Men se Greatest Hits nie.

Enigiemand wat goeie musiek waardeer sal saam kopskud en air drums speel van die eerste riff tot die laaste beat van Wasting Light. Die album begin sterk met “Bridge Burning”, ‘n rock song soos veral op Foo Fighters se eerste albums. Dan begin jou voet tik op die ritme van “Rope” (die eerste single van hierdie album af), en jy kom vir die eerste keer agter dat jy ‘n bekende klank hoor wat nie noodwendig Foo Fighters is nie. Maar jy kan net nie jou vinger op die wond lê nie (soos mens nou in oer-Afrikaans sê). Die volgende song, “Dear Rosemary”, begin met ‘n rustiger tempo, maar verander vinnig in nog ‘n rock en roll kopskud tune. Dan word jy deur die gesig geklap met ‘n riff wat jou dadelik sal laat verbeel jy is op ‘n stage voor ‘n mal skare. Jy hoor ‘n stem, maar is eers nie seker of dit Dave Grohl is nie… Dit is Dave Grohl, maar soos jy hom nog nooit gehoor het nie. Dan besef jy wat jy vroeër gehoor het was ‘n klinkklare Queens of the Stone Age-klank, en dit kom nou kliphard deur.

Dit het ‘n paar keer se luister geverg om net verby daardie eerste vier songs te kom. Ná daardie vier hou die goeie musiek net nie op nie. “These Days” is die rustigste song op die album. Met lirieke wat jou stadig warm maak van binne.  Aan die einde hoor jy “Walk” – die bekende klank van die Foos op hul beste.

Krist Novoselic dra by tot die baseline op I” Should Have Known”, en dit is lekker om weer vir Dave, Butch en Krist te sien saamwerk aan iets sonder dat die Nirvana-ding oor hulle koppe hang. En een ding wat jy moet weet voor jy hierdie album koop, is dat daar geen ballads op is nie. Dit is pure rock. Foo Fighters rock.

Wat veral hierdie album so befok maak, is die feit dat na ses ander albums die Foos eindelik terugkeer na die DIY-mentaliteit waarmee Dave die band begin het in 1994. Weg is die dae van “In Your Honor” se groot strings en ballad ekstra CD. Weg is die dae van “Ecos, Slilence, Patience & Grace” se rustige rock. Nou is die tyd van “The Color and The Shape” se balls to the wall arena rock: rou werk wat in Dave se garage gedoen is.

Foo Fighters is terug na ‘n twee jaar pouse. En hulle is terug om jou te wys dat hulle iets het wat al hierdie Fall Out Boybands nooit sal hê nie. Hulle het fokken eiers, eiers om die musiek te maak wat hulle wil en nie die musiek wat CDs gaan verkoop aan tienerdogtertjies wat Justin Bieber posters op hul mure het nie. Wasting Lightis die perfekte rock album van ‘n band wat dit duidelik geniet om musiek te speel, nie net te maak nie. Al wat die album beter sal kan maak is ‘n live performance in die FNB stadion. So Foos, kry julle gatte in Suid-Afrika.


You may also like...

7 Responses

  1. July 20, 2011

    […] is sulke goed wat gevaaalik.com net nog meer van Foo Fighters laat hou. Hier is Stix se review van hulle nuutste album vir as jy dit dalk misgeloop […]

  2. December 15, 2011

    […] ons hou jou op hoogte. En indien jy nog nie Wasting Light het nie, kry dit vandag nog. Lees Stix se review van vroeër hierdie jaar as jy my nie glo […]

  3. January 20, 2012

    […] Dave Grohl en Corey Taylor record ‘n song saam Corey Taylor het deur middel van sy Twitter laat weet day hy saam met Dave Grohl en Butch Vig 'n song record het. Dave Grohl is die front man van Foo Fighters (As jy onder 'n klip bly en nie geweet het nie), Corey Taylor is die front man van Slipknot en Stone Sour. Butch Vig is die drummer van Garbage en die legendary producer van Nirvana se Nevermind album en ook die producer van my gunsteling album van laas jaar, Foo Fighters se Wasting Light. […]

  4. November 5, 2012

    […] Prodigy het ook al 'n cover gedoen van Foo Fighters se "White Limo" vanaf die Wasting Light album. As jy die cover wil hoor kan jy dit hier luister. As die Maandag blues jou te veel pla sal […]

  5. August 19, 2013

    […] 2011 het Foo Fighters die ongelooflike goeie album Wasting Light bekend gestel. Ja dit was so lank terug. Die album was uitstekend en was 'n groot sukses die […]

  6. March 6, 2014

    […] dit is veilig om te sê dat my ma glad nie gaan hou van die naam van Taylor Hawkins (drummer vir Foo Fighters) se nuwe band se naam nie, The Birds of Satan. Dit is ok, ek dink my ma het laas gehou van die […]

  7. August 12, 2014

    […] op die album saam met die Foos. Ek is bly hulle het vir Butch Vig weer betrokke gekry aangesien Wasting Light so goeie album was. Elke song op Sonic Highways is in 'n anders stad […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *