Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Afrikaanse treffers – Deur kunstenaars of fotostaatmasjiene?

Ek het al ‘n hele paar keer vertel hoe ek die in ‘n bar op ‘n berg in Oostenryk gesit het toe ek geskok is om ‘n Afrikaans treffer te hoor wat begin speel. Maar toe ek die vocals hoor, in Duits, toe kon ek dit nog minder glo. Afrikaans-pop steel.

Het jy geweet hoe baie terrible Afrikaans treffers is eintlik net ‘n gesteelde lied?

As jy Afrikaans is, dan het jy tien teen een al die stories gehoor, maar nog nooit die moeite gedoen om uit te vind of dit waar is nie. Nie net skryf bittermin Afrikaans-pop musikante self hul musiek nie, dit gebeur al vir baie jare. Soms word net die melodie en backtrack van die musiek gebruik en Afrikaans lirieke word bygesit. Soms is dit sommer net ‘n vertaling van ‘n ander song. Soms word van die oorspronklike lirieke gehou en van die lirieke vervang met Afrikaanse lirieke.

Ek weet nie hoeveel van die oorspronklike liedjieskrywers kry royalties vir die gebruik van hul musiek nie. Hel, ek weet nie eers of baie van hulle weet dat hulle musiek ‘n kak Afrikaanse treffer geword het nie. Die geld is een ding en ek is seker daar is gevalle waar die oorspronklike liedjieskrywer vergoed word vir die gebruik van sy musiek.

Die Afrikaanse treffer-bedryf steek dit weg in skaamte

Wat vir my skokkend is (al kan ek sê dat ek glad nie verbaas is nie), is dat Afrikaans-pop “kunstenare” nooit, erens, ooit noem dat dit nie hulle eie musiek is nie. In fact, in baie van hulle interviews word daar gepraat oor hoe hulle hul harte en emosie in hulle musiek in stort. Die feit dat daar nie openlik daaroor gepraat word nie, iets daarvan sit net nie reg met mens nie.

Hier is vir jou so paar voorbeelde van Afrikaanse treffers se oorspronklike weergawe. Deel dit maar met jou vriende wat jou wil aanhou sleep Huisgenoot Skouspel toe.

Sproeitjies – Sias Reinecke en Sonia Herholdt

Eintlik “Freckles” deur ‘n groep met die naam Oak Ridge Boys.

https://youtu.be/T2TCHVm0k84?t=1m18s

Jessica – Ray Dylan

Jacobus Frederick Jersich, of beter bekend as Ray Dylan, het dalk Bob Dylan se van deel gemaak van sy stage name, ongelukkig maak dit jou nie ‘n liedjieskrywer nie. Daarom sal DJ Ötzi met Nik P se “Ein Stern (der deinen Namen trägt)” vir jou bekend klink, want Jacobus het dit in vermom as Jessica. Een van daardie vermommings waar die neus, bril en snor alles aan mekaar vas is.

Jy’s die een vir my – Nicholis Louw

O-Zone se “Dragostea din tei” is ‘n horribale song om mee te begin. Darth Vader alleen weet wat het vir Nicholis besiel om die een te “probeer red”.

Afrikaans treffers is nie Afrikaanse kultuur nie

Daar word baie gesê dat die wat nie van Afrikaans-pop of Afrikaanse treffers hou nie, het nie kultuur nie. Volgende keer wanneer iemand dit vir jou sê, moet jy hulle miskien hier na gevaaalik.com bring, vir hierdie post. Net sodat hulle kan sien hulle Afrikaanse kultuur is eintlik net shitty kultuur wat by ander kulture gesteel is.

You may also like...

3 Responses

  1. Rouan says:

    Dis waarheid. Dis asof die ouens dink dat ons nie weet dat daar ander musiek buite die land gemaak word nie. En elke liedjie is oor liefde en gevoelens. Nerens n storie lyn of iets nie. Geen wonder die kinders maak mekaar dood met swaarde in skole nie, dis al goed wat hulle lan luister waar hulle nie hoef te kots van al die liefde nie.

    Of hoe?

  2. Jacques says:

    True storie! Ek sê dit al vir jaaaare -Afrikaanse pop musiek is %@$. Dit word eerstens gesteel, tweedens is daar geen insette van ‘n kunstenaar nie, net ‘n useless wat neul oor ‘n backtrack en dit boonop verkrag, derdens druk hulle dit in almal se kele af totdat mense dit begin luister want daar is niks anders nie, vierdens maak hulle regte kunstenaars dood -omrede hulle nie “poppy” genoeg is nie want dis waaraan almal gewoontdgeraak het (sien vorige punt), vyfdens dit is pleinweg plagiaat en behoort onwettig te wees -hulle moet gestenig word op ‘n publieke plein omdat hulle ons so bevark en besaai met hulle kots. Ek wens die industrie wil eens en vir altyd ophou om die tipe parasiete te bemark -maar wag, daar is ‘n prpbleem…GELD…dit is waaroor dit gaan, hulle sal nie die lummels van die lug afhaal nie want dan maak hulle nie meer geld nie, want hulle is famous record labels, famous producers en famous recording studios. Famous? -nee infamous! Stel rekords op, Nicolas Stokflou het 100000 (hypothetical) downloads en albums al verkoop, strond man, jy koop dit self en gee dit dan weg in promos, dit nadat daar dalk wel 1000 (hypothetical) verkoop is want dit is al wat daar is nadat jy dit 200000000 keer oor Kakaranda gespeel het-dis al wat mense ken! Enige iets anders is duiwels en roep gole op! Ditis tyd dat regte kunstenaars regte lirieke skryf en saam regte musiek speel wat hulle self (op watter okal manier) uitgedink het, dit is musiek, dit is kuns dit is wat gespeel moet word op die stasies! Julle vals plagiate (as daar so woord is) is ‘n vieslike vervuiling vir die samelewing en donder die “kultuur” van die land op. Doen dinge reg vir ‘n slag en eet jou kool varkie!

  1. August 4, 2017

    […] Drie songs wat deur kamstige “musikante” gesteel is en gebruik is as Afrikaans treffers. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *