‘n Liedjie wat liefde maak met jou siel

Hopelik weet julle nou al dat In Flames Suid-Afrika toe kom. As jy dit nie weet nie dan is jy seker ook onder die indruk dat die NP nog die land regeer.

Stix  het gister al die inligting gepost oor die event, so maak seker jy check dit uit. Ek’s ‘n moerse fan van die band, wel almal by gevaaarlik.com is. Juis vir daardie rede het ek besluit om vir julle nog ‘n video te post en hom sommer ook te gebruik vir die Vrydag Party Song.

Die week het behoorlik sy gat gesien en ek fokken weier om vandag my beste te gee by die werk. Laat ek ‘n slegte invloed wees op jou en volg my voorbeeld. Die naweek gaan kook, so ek stel voor julle almal warm al vanaand op. Ons kan uitsien na Kings Of Leon asook die Currie Cup final. Die van julle wat dapper genoeg is om Ellis Park toe te gaan, moet dit geniet.

Speel die song en dans tot jy kots. Keep it zef,  my brasse.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *