Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tourniquet – Marilyn Manson

Daar was ‘n tyd toe Marilyn Manson die cool ding was om te haat. Voor Pokemon, Harry Potter en Spongebob Squarepants was die “god of fuck” eerste op die Bible-bangers se lys van mense wie hulle wou kruisig. Ironies, ek weet. None the less het dit nie vir Marilyn Manson gestop nie, dit het pretty much die teenoorgestelde gedoen. Marilyn Manson is bewyse dat enige publicity kan uitdraai as goeie publicity as die argument onnosel genoeg is.

In die geval van Marilyn Manson gaan jou kinders dryf na die duiwel, is die argument amper so solid soos Jacob Zuma wat sê hy is nie ‘n dief nie. Gelukkig het Marilyn Manson talent gehad en hy kon musiek maak, goeie musiek. Antichrist Superstar is tot vandag toe nog ‘n baie goeie album en definitief die moeite werd om na te luister.

Long Hard Road Out of Hell - Marilyn Manson

Daar is menigde temas waarop geraak word deur al Marilyn Manson se musiek soos politiek, geloof, sex, sodomy en baie ander goed wat mense warm gemaak het onder die kraag. Die groot ding wat in Manson se voordeel getel het is dat hy baie slim is en meeste van die goed wat hy doen is goed uitgewerk. The Long Hard Road Out of Hell is die autobiografie wat Manson geskryf het saam met Neil Strauss en dit sal jou ‘n goeie idee gee van hoe die man agter die monster se kop werk.

“Tourniquet” is een van my gunsteling songs van Antichrist Superstar af. Wanneer die song begin is daar ‘n lyn lirieke wat moeilik is om te hoor: “This is my lowest point of vulnerability”. Soos met baie van Marilyn Manson se vroë lirieke is dit afkomstig van gedigte wat hy geskryf het, of so lees ek. In die song is die hoofkarakter op sy laagste laag, baie selfbejammerend voor sy transformasie na die “Little Horn” wat die volgende song op Antichrist Superstar is.

As jy enige van die kalahari.com links op gevaaalik.com volg en dan iets koop kry ons so paar Rand. Dankie dus vir jou ondersteuning.

You may also like...

1 Response

  1. October 27, 2014

    […] dae van Anti Christ Superstar en Holy Wood is lankal verby. Nou is Marilyn Manson terug met 'n nuwe song en blykbaar 'n hele nuwe album wat gaan volg. Wat kan jy verwag van sy nuwe […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *