Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Maak reg vir Random Gevaaalikhede

Die fokus moet shift. Oor die laaste jaar het ek so erg gefokus op geld maak met gevaaalik.com, dat ek baie ander aspekte begin afskeep het. Nou die dag is die crux van die saak in my gesig gegooi: “Dit gaan nie oor jou nie, dit gaan oor jou gehoor.”

Wat hierdie persoon eintlik probeer sê het is dat daar neergekyk word op julle, die lesers van gevaaalik.com. Julle val nie in ‘n demografie wat gesien word as die moeite werd om voor te verskyn nie. Dit is baie dieselfde kakstorie as wat Jack Parow gehoor het toe hy wou partner met ‘n groot brandewyn brand. So fok die brands, want hulle was reg maar ook so verkeerd. Dit gaan nie oor my, of die brands nie, dit gaan oor die gehoor. Dit gaan oor JULLE en wat julle wil sien op gevaaalik.com.

As jy gevaaalik.com lees, of besoek, of luister na die podcast, dan is jy tien teen een Afrikaans, tussen die ouderdom van 20 en 36, en jy is die een wat die meeste verdien in jou gesin of jy is single en verdien ook ‘n salaris. Jy spandeer jou bucks, elke maand. As die brands dink jy is ‘n armgat blanke kan hulle loop naai. Kom ons vat dit terug na die basics.

Geniet die week se Random Gevaaalikhede.

Die beste manier om alles te kry wat jy nodig het om vir jouself te kan voer in die aand na werk. Want wie het tyd vir rondloop in ‘n winkel opsoek na bestandele vir daai resep wat jou ouma vir jou gestuur het op WhatsApp? Probeer Daily Dish en kry R250 af op jou eerste order.


Help om Suid-Afrika se wetgewing rondom mediese-dagga te vorm deur my copy en paste email te stuur na die email adresse wat ek jou ook gee.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *