Ek probeer deelneem aan die Halo South Africa 4v4 Tournament

Vir ‘n rukkie nou al wil ek graag bietjie meer competitive begin games speel. Ek het ‘n Xbox One en Titanfall is die game wat weer die “blaas ander gamers in die gesig” bug laat byt het. Toe ontdek ek ‘n Halo South Africa Facebook page, en nou is ek reg om my gat te laat skop in ‘n 4v4 Halo Tournament.

Ek speel nou al vir so paar weke, maar ek het nog baie oefening wat ek moet inkry. Nadat ek Halo 5: Guardians gekry het op ‘n special by takealot.com het ek begein om Halo 5 te speel teen ander spelers van reg oor die wêreld. Halo doen nie die regional matchmaking ding nie. Met ander woorde jy hoef nie te wag tot daar genoeg Suid-Afrikaners is voor jy ‘n match kan speel nie, jy speel teen spelers van reg oor die wêreld. Fokken goeie spelers van reg oor die wêreld.

Halo 5 arena action

Ek het so bietjie geGoogle en gelees dat ek kan begin leer van Halo speel teen ander met ‘Slayer’ matches. ‘Slayer’ is basies net 4v4 team deathmatches. Jy moet 10 rondtes speel voor jy jou ranking kry, en na die tweede rondte het ek gedink ek het my geld gemors op die game. Ek kon nie voor kom nie. Dit het gevoel asof ek bullets, rockets en lasers probeer vang met my tande. Oor en oor is ek verneder terwyl ouens reg rondom my spring en rustig bullets in my in pomp.

Intussen het ek ingeskryf om te speel in die Halo South Africa 4v4 Tournament. Dit is ‘n random team tournament en die span wat wen kry R800 van die R3000 prize pool. Verbasend genoeg is Halo nog nie verskriklik groot in Suid-Afrika nie. Dus is ek in ‘n span gesit saam met ‘n speler wat Halo-ondervinding het, en ander ouens uit Suid-Afrika wat Halo wil speel teen ander. Suid-Afrika het laasjaar ‘n span gehad in die Halo World Championship en hierdie jaar wil ons weer ‘n span stuur.

Halo World Championships Final 2016

Die 4v4 Tournament wat ek ingeskryf het is om meer spelers ‘n kans te gee om competitively te speel en om te help om ons beste spelers uit te wys, sodat ons span by die World Championship ‘n beter kans staan. Op die stadium (min of meer 3 weke in) gaan ek verseker nie vir ons help om te wen nie, maar ek is verseker beter as wat ek was toe ek begin het.

Halo 5

Na die eerste week se speel was my KDA (kill/death average) -8.9. Met ander woorde ek is baie meer dood gemaak as wat ek ander doodgemaak het. My KDA is steeds in die negatief, -4.4, maar dit gaan beter. Headshots met die pistool het ook my kos geraak en nou dat ek ‘n span het kry ek ook tips hier en daar. Komende naweek speel ek my eerste match saam met ‘Team Oath’ of ‘Super Slayers’ wat ons nuwe naam is. Ek sal terug rapporteer en julle laat weet of dit my skuld was dat my span verloor het.

Hier is ‘n video van ek wat ‘n sneaky bliksem was in ‘n match vanmiddag. As jy slaap in ‘n ‘Slayer’ match, of vir net te lank stil staan gaan jy pakslae kry in Halo. Hier het ek ‘n ou vinnig ‘n les geleer met my pistool omdat hy te lank stil staan. As jy teen my wil speel my gamer tag is StixGevaaalik.

https://youtu.be/EJ58kfDtbhQ

You may also like...

2 Responses

  1. Wessel says:

    Stix.
    Try ook battlefield 4 comp gaming. Dis nou wel op PC.
    Eks deel van n span Xbanded Esports.
    Wat huidiglik deel neem aan Do Gaming league. Esports is nou baie groot in SA. Veral op PC.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Wessel. Ek sal bietjie kyk daarvoor. Ongelukkig is ek nie meer op PC nie, maar ek sal steeds graag kyk hoe speel ouens. Laat weet my bietjie wanneer julle speel een of ander tyd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *