Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Prince of Persia – Back to basics vir die iPad release

Baie van die gevaaalik.com lesers sal nog die oorspronklike Prince of Persia games onthou. Dis daardie super moeilike platform game wat jy nog op jou 286 of 386 gespeel het. Van ons jonger lesers sal moontlik bietjie moet Google op hierdie punt.

Die oorspronklike 1989 game het twee sequels gehad. Die eerste een was nog ‘n 2D game, en die tweede een was ‘n baie onsuksesvolle 3D version. Maar dit was nie die einde nie. Te danke aan die mense van Ubisoft Montreal het Prince of Persia: The Sands of Time in 2003 die lig gesien. Hierdie game het ‘n groot impak gehad op die games industry: die God of War en Assassin’s Creed-reekse sou waarskynlik nie bestaan het nie (of kakker gewees het) as dit nie was vir die 2003 Prince of Persia nie. Intussen het die 2003-inkarnasie ‘n aantal sequels gehad, sowel as ‘n sucky movie adaptation deur Disney. Wel, as jy ‘n fan van die oorspronklike Prince of Persia was en jy besit ‘n iPad het gevaaalik.com vir jou goeie nuus.

Ubisoft het sopas Prince of Persia: Classic uitgegee – spesiaal vir die iPad. Dit is ‘n snaakse mengsel van die oorspronklike weergawe uit 1989 en die tegnologies meer gevorderde een uit 2003. Vir net $1,99 kan jy jou kinderdae herleef, maar hierdie keer kan jy die game speel sonder die irriterende 60 minute-beperking, en daar is blykbaar ook ‘n skoenlappertjie om jou deur die fokken doolhof te help. Die masochiste onder ons hoef ook nie te despair nie. Mens kan dit wel nog met die tydsbeperking speel. Ek is nie seker of mens van die skoenlapper ontslae kan raak nie.

Hier is die trailer vir Prince of Persia: Classic.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *