Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Titanfall is ‘n bad ass game

Ek het onlangs vir my ‘n Xbox One gekry, net laasweek. Meestal oor ek bang was dat die swak Rand gaan veroorsaak dat die console pryse opgaan oor so maand of wat. Dus het ek Saterdag my Xbox One opgestel en die heel eerste game wat ek my hande op wou kry was Titanfall.

Titanfall

Titanfall is ‘n online multiplayer first person shooter. Jy speel ‘n pilot of ‘n pilot in ‘n Titan. Titans is eintlik ‘n Mech, wat eintlik net ‘n groot robot is wat ‘n mens kan pilot. In Titanfall kan elke speler ‘n Titan beheer asook rondhol en mens in die gesig skiet. Obviously, as jy in ‘n Titan is, dan is jy baie sterker as wat jy is as jy nie in ‘n massive robot rond ry nie.

Dit is ‘n baie fast pased game en baie lekker om te speel. Ek het ‘n EA Access membership en dus kan ek Titanfall for free speel. Ek moes net die game download. Die download is amper 20 gig gewees, en dan moet jy nog 3 map packs van so amper 2 gig elke download voor jy die game kan begin speel. Jy kort ook ‘n internet connection om die Titanfall the speel, dit is immers ‘n online multiplayer game.

Titanfall 2

Die graphics van Titanfall op die Xbox One is ongelooflik en die game is moer baie fun. Elke pilot het ‘n tipe van jetpack op sy rug wat jou help om teen mure op te hol en op plekke te kom wat heeltemal te hoog sal wees vir ‘n normale mens om by uit te kom. ‘n Hoë vantage point help moer baie as jy ‘n Titan probeer vernietig.

Ek love dit game en het gisteraand tot laat gesit en speel, dit is seker hoekom ek so moeg is. Ek sal beslis Titanfall aanraai. Hierdie is nou nie ‘n moerse in dpth review of iets nie, ek sal later as ek meer gespeel het ry om een uit te hammer. Vir nou: My Xbox Live gamer tag is StixGevaaalik, sien julle in die game, as ek gate in jou gesig begin skiet!

Check een van die trailers vir die game hier onder, en laat weet my wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *