Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #72 – Wys my jou apie

Ons het hierdie episode van die gevaaalik.comedy Podcast record in Sven se huis, voor die TV, oor dit so koud was. Ons praat oor Anonymous wat die SABC se sites gehack het en voice-over losers wat op radiostasies is soos 5 FM, Kakeranda FM en Highveld FM. Ons praat ook oor mense wat altyd dieselfde pose en gesiguitdrukking slaan as daar foto’s van hulle geneem word.

Gevaaalik Podcast #72 - Wys my jou apie

Van daar af bespreek ons dienaweek se rugby wat so verkeerd gegaan het vir Suid-Afrika, Shane Warne (meestal oor daar ‘n ding op die TV was oor hom) en ‘n ou wat met ‘n apie baklei en toe verloor. Jy kan die video van die apie en die ou wat fight hier onder sien. Daai ou het geen fight technique nie, sy punches is soos ‘n meisie wat nog nooit gefight het nie. Ons bespreek Muhammad Ali die legend en my munchies in België.

Dankie dat jy luister na die gevaaalik.comedy Podcast. Onthou om te subscribe op iTunes en jy kan vir ons email oor die podcast by podcast@gevaaalik.com. As jy nog nie podcast luister nie, kry vir jou die BeyondPod app op jou Android en begin saam luister.

Die song aan die begin van die week se Podcast is Foo Fighters – Monkey Wrench

https://youtu.be/ykszZ_egq1M

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

3 Responses

  1. June 17, 2016

    […] gevaaalik.comedy Podcast #72 – Wys my jou apie. Ek gaan jou niks vertel oor die een nie, luister net en lag […]

  2. June 17, 2016

    […] Die week se gevaaalik.comedy Podcast kan jy hier vind: #72 – Wys my jou apie […]

  3. June 20, 2016

    […] In die podcast hier onder praat ons oor baie dinge, maar niks wat ek gaan verduidelik nie. Jy kan dit self luister, maklik: #72 – Wys my jou apie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *