Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

So is Podcasts besig om Radio ore aan te sit [Infographic]

In 2004 is die term “Podcast” vir die eerste keer gebruik. Nou is dit 12 jaar later en podcasts is die nuwe verkieste manier om audio entertainment te kry. Die grootste rede hiervoor is dat jy nie ‘n sekere tyd voor ‘n radio te wees om ‘n show te luister, soos met radio nie. Jy kan podcast episodes download en enige tyd luister. Of jy kan die ding direk stream van jou foon af solank jy internet opvangs het.

Podcasting het baie populêr geword toe baie comedians begin het om podcasts produce vir hulle fans. Nou is daar meer as 60 000 active podcasts op iTunes (waarvan gevaaalik.comedy een is) en daar word 80 000 minute se nuwe podcast record elke dag. Dus is daar letterlik ‘n podcast wat enige persoon se smaak sal pas.

Afrikaans Podcasts nommers neem ook toe

Ja, as jy na bietjie Afrikaans entertainment wil luister gaan jy sukkel om te te kom op enige van die Afrikaans-radiostasies. Hulle cater net vir verkrampte Afrikaners. Vloekwoorde en donker grappe het geen plek op die radio nie. Hartseer dat adverteerders dink alle Afrikaners pas nog in die ouderdagse Afrikaner-boksie in.

Twee Afrikaans podcast wat jy na kan luister is die gevaaalik.comedy Podcast en WAT met Willim Welsyn wat altwee beskikbaar is op iTunes. As jy ‘n Android device gebruik, kan jy die free Player FM app gebruik om jou gunsteling podcasts mee te luister.

Hier is ‘n Infographic wat wys hoe podcasts gegroei het oor die laaste paar jaar in die VSA. Dit is verseker stadig maar seker besig om in Suid-Afrika ook te gebeur.

From 2003 to 2016: The Astounding Growth of Podcasting [Infographic]

Waarvoor wag jy? Begin sommer vandag luister na die gevaaalik.comedy Podcast.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *