Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gerald Clark – Black Water

Suid-Afrika is gelukkig, ons het baie goeie blues musikante. Kyk maar net na Albert Frost of Dan Patlansky. Natuurlik kan ons ook nie vergeet van Gerald Clark nie en met Black Water wys Gerald sy blues vernif.

Black Water het definitief so effense country feel. Die album is vol upbeat tracks wat fun is om na te luister. “Poor Man Blues” is een van my favourites want ek love die klavier. “It ain’t You” begin met ‘n awesome guitar deel wat my dadelik laat dink aan die Wild West en slide guitar riffs. Black Water voel regtig asof dit reguit uit die suide van Amerika kom.

Dis maklik om te sê of jy hierdie een moet koop of nie. As jy nie juis ‘n blues fan is nie gaan jy die album tien teen een nie so baie geniet nie. As jy reeds ‘n fan is van Clark, of as jy Albert Frost of Dan Patlansky se albums al deel gemaak het van jou versameling gaan jy Black Water vir lank nie kan uitlos nie. Dit is maar hoe blues werk: of jy like dit of jy like dit nie. Daar is nie ‘n grys area in blues nie.

Jy mag dalk “Marry Me” en “As the Crow Flies” herken as jy dit hoor omdat altwee die songs al op die TV was in advertensies. Dit vat niks weg van die songs nie, though. As jy ‘n blues fan is kry vir jou die album en as jy nuuskierig is, kyk die video vir “It ain’t You”. As jy dit like kan jy die hele album maar vir jou kry, want jy gaan die res van die songs op die album ook geniet.

Gerald Clarke se Black Water kry 3.5 g’s op die g-scale. Dit is regtig jammer dat blues so ‘n hard sell is.

You may also like...

1 Response

  1. December 10, 2012

    […] Hele rukkie terug het ek 'n review gedoen van Gerald Clarke se Black Water album. As jy into blues is stel ek voor jy kry vir jou die album. Die music video vir die song […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *