Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Logitech G502 Proteus Spectrum Review

Wat soek mens regtig uit ‘n high performance gaming mouse? As mens kyk na wat op die mark is dan wil dit baie voorkom asof dinge meer gaan oor RGB-liggies as wat dit gaan oor die ontwerp en die performance. Die goeie nuus is dat daar wel opsies is daar buite vir die van ons wat meer wil fokus op performance, en gelukkig kom die Logitech G502 Proteus Spectrum met RGB-liggies ook.

Logitech G502 Proteus Spectrum Ontwerp

My vorige gaming muis wat ‘n permanente huis gekry het langs my keyboard was die Razer Naga. Na meer as 7 jaar se getroue diens het hy die gees gegee. Toe ek die Logitech G502 vir die eerste keer in my hand het, toe was dit vir my ‘n aanpassing om my greep te moet verander. Dit was nie dadelik gemaklik nie, maar net so paar minute se gebruik het ek leer om my greep te ontspan eerder as wat ek die muis probeer vashou. Die kontoer van die muis aan die linkerkant laat my duim gemaklik rus en dit is iets wat my aangenaam verbaas het. Met die “rusbankie” vir jou duim voel dit asof jy ‘n beter greep het op die muis.

Albei die kante van die muis het getekstuurde rubber, wat help met jou greep op die muis. Oorspronklik was ek nie mal oor die tekstuur nie, maar hoe meer ek die Logitach G502 gebruik het, hoe meer het ek van die tekstuur op die kante gehou. Die res van die muis is baises gladde plastiek en alhoewel die muis eers vir my baie klein gevoel het, pas hy nou heel gemaklik in my hand. Die Razer Naga is maar net effen groter gewees as wat die Logitech G502 is. Daar is 11 programeerbare knoppies en ook ‘n RGB-liggie Logitech G op die muis. Die ontwerp van die G502 lyk baie soos iets wat van ‘n Transformer af kom, en alhoewel ek nie ‘n groot fan van die rowwe edges en skerp lyne is op ‘n muis nie het die G502 se vorm op my gegroei.

Logitech G502 Sagteware

Die Logitech G502 het drie programeerbare gamer profiles. Dus kan jy die 11 knoppies en DPI maklik genoeg moet die Logitech sagteware opstel net soos jy wil op drie verskillende profiles. Jy kan tussen hierdie 3 profiles verander “on the go” met net die click van ‘n knoppie. Jy kan die profiles save op jou rekenaar of die aanboord stoorplek op die G502 self. Dit beteken dat jy steeds jou profiles sal kan gebruik al gebruik jy jou muis op iemand anders se rekenaar.

Die sagteware kan so baie dinge aan die G502 muis verander en verstel dat dit aan die begin bietjie oorweldigend kan wees. Maar deur net bietjie rond te speel het ek baie vinnig uitgewerk hoe om my verstellings te maak. Ek het die muis se knoppies opgestel soos wat ek dit nodig het vir die twee games wat ek die meeste speel (PUBG en Quake) en het selfs die knoppies opgestel vir video en foto editing. Dit was alles aansienlik makliker as wat ek vermoed het dit sal wees.

Jy kan natuurlik ook met die sagteware die RGB-liggie opstel soos wat jy hom wil hê. Die liggie kan bly by die cool Logitech blou, of hy kan enige ander RGB kleur wees wat jy verkies. Jy kan selfs die liggie stel sodat hy stadig maar seker van kleure verander. Dit verander natuurlik niks aan die funksionaliteit van die muis nie, maar dit is handig om jou te help sien in watter setting profile jy tans is.

Logitech G502 vir gaming

Ek kon dadelik voel dat die Logitech meer akkuraat is as enige ander muis wat ek al gebruik het. Nie net in games nie, maar ook wanneer ek text wou highlight of click op die address bar in my browser. Die 12 000 DPI sensor onder op die Logitech G502 Proteus Spectrum het verseker ‘n rol gespeel in hoe akkuraat die muis voel in my hand. Die gewig stel wat jy saam met die muis kom het ook ‘n duidelike verskil gemaak aan my gaming. Dit is moeilik vir my om te sê of ek regtig beter of slegter gespeel het met die gewiggies in die muis, maar hoeveel meer of minder jou muis weeg het verseker ‘n invloed op jou spel. Dus is die gewiggies ‘n lekker extra om die G502 regtig perfek te maak vir hoe jy van hom hou.

Konklusie

Die Logitech G502 is ‘n ongelooflike goeie voorbeeld van wat ‘n high performance gaming mouse moet wees. Ja, dit is nie een van die goedkoopste muise daar buite nie, maar jy kry 100% waarvoor jy betaal. Dit is ‘n wired mouse, wat baie mense sal afsit, maar ek verkies wired periphirals want ek is nie een wat hou van sukkel met batterye nie. Die Logitech G502 se sagteware maak dit maklik genoeg om jou muis op te stel presies soos wat jy hom wil hê en die verstelbare gewig is ‘n aangename voordeel vir die van ons wat probeer om ons muis presies te kry soos wat ons hom wil hê. Ek is mal oor hierdie muis en het besluit om hierdie die plaasvervanger te maak van my geliefde Razer Naga (RIP).

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *