Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters Johannesburg – Welkom by die Dave Grohl show

Do you have blind faith? No false hope, No false hope, Where is your blind faith?

Ek wag al helfte van my lewe om die Foo Fighters live te sien. 15 jaar. Vandat ek daardie eerste album One by One gekry het op die ouderdom van 15 is ek ‘n fan, ‘n groot fan. Ek het vir lank nie eers geweet dat die vocalist van Foo Fighters ook die drummer van Nirvana was nie, ek het nie geweet wie Dave Grohl was nie. Ek kan nie onthou wannner ek besef het wie Dave Grohl was nie, maar vir my het dit hom nog net cooler gemaak as wat hy al reeds vir my was. Foo Fighters Johannesburg was nie meer net ‘n droom nie.

Foo Fighters Johannesburg South Africa 2

Dus was ek in ekstase toe ek hoor Foo Fighters kom uiteindelik Suid-Afrika toe. Ek het nie laat wag op my nie en het onmiddelik my bankrekening gerape toe die kaartjies beskikbaar geword het. Mens sou dink dat Suid-Afrikaners weet wat hulle gaan mis; die grootste rock band in die wêreld tans. As die kaartjies uitverkoop, wou ek nie een van poepholle wees sonder ‘n kaartjie nie.

FNB Stadium is ‘n groot venue, en saam met groot stadium shows kom daar allerhande probleme. Die eerste probleem is obviously om al die kaartjies te verkoop. Kaartjies het duidelik nie verkoop soos beplan nie, daar was baie oop sitplekke en die golden circle area was weer eens ‘n grap, want dit was nie naby vol nie. Die Foo Fighters het Wembly Stadium twee aande in ‘n ry uitverkoop, dit is 172 000 kaartjies. Ek weet nie wat die probleem in Suid-Afrika is nie. Miskien was die kaartjies net bietjies te duur, miskien is Foo Fighters nie so groot soos wat ek dink hulle is nie of miskien luister middelklas Suid-Afrikaners (die tipe Suid-Afrikaner wat ‘n kaartjie sou kon bekostig) net nie na goeie musiek nie.

Die Park and Ride was the way to go. Ek het nog elke keer gery na FNB Stadium vir die shows wat ek gekyk net. Die Park and Ride bus is verseker ‘n beter idee gewees. So net net duskant ‘n uur en ‘n half toe is ons vanaf Menlyn Pretoria tot by FNB Stadium Johannesburg. Daar het ons bietjie getailgate onder ‘n vriend se skadu-tent en hier is dit waar die alkohol probleem begin het. Nie vir my of enige van my vriende nie, maar vir menigde ander mense. Daar was dronkies, en nie die snaakse, entertaining tipe dronkies nie.

Toe ons binne FNB Stadium is toe sit daar reeds in die general standing area  twee dronkgatte wat sit in hul eie kots en verder kots. Die lug het dik gehang met dagga rook, tog was al die stoners die wat ‘n plesier was om mee te doen te kry. Die dronkgatte is natuurlik ‘n ander storie. Agressief, bombasties en vertraag is die eerste drie woorde wat in my kop opkom as ek dink aan die dronkgatte wat ons mee te doen gekry het.

Nie eers dronkgatte kon wegvat van die Foo Fighters nie. Ongelukkig toe die Foo Fighters die stage vat het ek besef dat ons in Johannesburg dieselfde probleem gaan hê wat die Foo Fighters in die Kaap gehad het: Kak sound. Ek verstaan dat Suid-Afrika nog leer, maar for fuck’s sake Big Concerts, behalwe vir die band is ‘n goeie sound engineer seker die belangrikste deel van ‘n show. Ek kan nie verstaan hoe dit so gereeld ‘n fokop is met shows in ons land nie. Seker omdat die promoters in SA nie eintlik omgee oor die musiek nie, dit gaan net oor geld. Dose.

“We don’t do that one hour show shit. We don’t do that two hour shit. You know we don’t do that two and a half hour shit, right?” het Dave Grohl met trots vanaf die verhoog aangekondig. En net soos belowe het die Foo Fighters drie ure lank gespeel. Fok ‘n encore, speel net jou heel beste vir drie ure is hoe die Foo Fighters dit doen. Tog het hulle nie net terug gelê en song na song van hulle hit library gespeel nie. Elke song was gekies met rede, en elke song het ‘n lekker instrumental deel gehad waar die band net uitrock. Dit is duidelik dat die Foo Fighters geniet wat hulle doen.

Foo Fighters Johannesburg

Hulle geniet nie net wat hulle doen nie, maar hulle is ook ongelooflik goed met wat hulle doen. Ek het nie een af noot gehoor nie, nie een foutjie beleef nie, niks. Elke lid van die band is fokken goed met wat hulle doen, en dit skyn deur in hulle live optrede. Ja, die Foo Fighters is very much die Dave Grohl show, maar gelukkig is die musikante wat saam met hom speel ook elk in hul eie reg great.

Ek sal dit alles weer doen. Ek het ‘n groot een van my bucket list af gekrap met die Foo Fighters live sien. Verseker een van my gunsteling bands, verseker top 10. Tog het ek nou nog ‘n item by op my bucket list ook: Om die Foo Fighters in ‘n club venue te sien. Stadium shows is great, club shows is eenvoudig net beter. Beter klank en meer intiem, net beter. Ek reken ek gaan Amerikaans grond onder my voete hê baie vinniger as wat ek gedink het, net om bands soos die Foo Fighters te kan sien speel in plekke soos The Roxy.

All in all was dit ‘n goeie show, buiten die kak sound. Ek hoop regtig wie ookal die sound engineer was vir die Foo Fighters shows in Kaapstad en Johannesburg word gefire. JY verdien om vloere te was, met jou hande. Bly asb weg van enige sound desk af. Kom ons hoop ons sien die Foo Fighters gou weer, met ‘n regte sound engineer.

You may also like...

1 Response

  1. June 2, 2017

    […] uit die bloute was daar skielik ‘n nuwe Foo Fighteters single uit, en binne minute het duisende mense dit begin deel op die internet. ‘Run’ is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *