Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Eerste gedagtes oor PUBG op Xbox

Dit is moeilik. Dit is die heel eerste gedagte wat ek gekry het toe ek PUBG op Xbox begin speel. Meeste console FPS games het aim assist. Nie PUBG nie. Om jou teiken raak te skiet is dus baie moeiliker as wat dit byvoorbeeld is in Star Wars Battlefront, Battlefield of die “enige iemand kan goed raak daarin game” –Call of Duty.

PUBG kos onder R500

Jy kan ‘n key vir PUBG op die Xbox koop vir net R439 by CDkeys.com. Dit is waar ek myne gekoop het, en ‘n 5.5Gig download later het ek begin speel. Dit is aansienlik goedkoper as wat ‘n triple-A title jou sal kos. Meeste new releases kos al R1000 of meer. PlayerUnknown’s Battlegrounds is nog in games preview en kos dus aansienlik minder. Dit is ook daarom dat die game nog baie issues het.

PUBG op Xbox framerate issues

Lae framerates, dit is verseker. Veral aan die begin van ‘n rondte as jy valskermspring is die framerate so laag dat dit soms voel asof jy probeer land op die grond in slow motion. Dit raak gelukkig heelwat beter sodra jy klaar geland het, maar selfs op Xbox One X kan jy ‘n maksimum van 30 FPS bereik. Die frame rate issue kan verbeter word as jy jou Xbox se DVR funksies afsit. Ongelukkig is PUBG een van daardie games waar jy oomblikke gaan wil vasvang met DVR, so ek hoop maar PUBG Corp gaan vinnig ‘n oplossing vind vir die frame rate issues.

PUBG is nog in game preview, en daarom kan jy maar weet jy kry ‘n game wat nog ver van klaar is. Toe PUBG op PC in Early Access vrygestel was, was daar ook maar probleme. Probleme wat stelselmatig uitgesort (of eerder verbeter word) oor ‘n redelike lang tydperk met updates en patches. Dit is hopelik die voorland van die Xbox weergawe van PUBG ook. Die uitstekende nuus is dat die raamwerk vir ‘n ongelooflike fun game klaar daar is, en met updates kan dit net beter raak.

PlayerUnknown’s Battlegrounds met ‘n controller

Soos ek klaar genoem het, daar is geen aim assist nie. Om raak te skiet is moeilik, baie moeilik (kyk maar net hoe baie mis ek my sesde kill in die video hier onder, voor ek die doodskoot kry), maar dit maak die game ‘n challenge. Dit gaan ‘n rukkie vat om heeltemal gewoond te raak aan die aiming en die controls op ‘n controller.

Die inventory system is waar die grootste probleme lê met PUBG speel met ‘n controller. Om vinnig te kan loot is ‘n groot deel van goed wees in PUBG en tans is dit onmoontlik om vinnig te kan loot op die Xbox. Hel, dit is moeilik om enige iets vinnig te doen in jou inventory met ‘n Xbox controller. Ek dink baie mense word vermoor terwyl hul besig is op die inventory screen as ouens wat tydens fire fights geskeit word. Ek dink regtig die controller settings kan op verbeter word en so ook die inventory management en looting met ‘n controller. Ons sal maar moet wag en sien.

Is PUBG op Xbox kak?

Ja, soos meeste games preview games is PUBG ook maar kak, maar dit is super pret kak. Selfs met al die game se probleme is dit steeds ongelooflik baie pret om te speel. Jy kry nogsteeds daardie sweterige handpalms en hoë hartklop wanneer jy dit maak tot in die top tien. Die spanning is steeds daar en alles wat PUBG so bekend gemaak het soos dit is, is op die Xbox weergawe van die game ook.

Daar is 1 miljoen copies van die game op Xbox verkoop binner 48 uur en dit beteken sekerlik dat die Xbox weergawe goeie support van die PUBG dev team sal kry. Jy kan maar heelwat updates oor die komende maande verwag.

Die frame rates is nie altyd great nie. Die controls is clunky en rendering vat partykeer bietjie langer as wat dit moet. Die game crash ook soms in die middel van ‘n rondte en dit pis mens erg af. Maar as jy vir ‘n oomblik maak asof die game nie tonne pret is nie, dan pluk en tint jy seker jou wenkbroue, want jy is ‘n hater wat enige game haat wat baie ander mense van hou.

PUBG op Xbox is soveel pret dat ek na 4 ure en 5 minute my eerste solo chicken dinner (of wen) gekry het. Om ‘n PUBG rondte te wen vat skill, beplanning en ook so bietjie luck. Verseker nie ‘n game om te mis op Xbox nie.

PlayerUnknown’s Battlegrounds South Africa servers

Natuurlik sal dit awesome wees as ons “PlayerUnknown’s Battlegrounds South Africa servers” kan kry. Miskien selfs Afrika as ‘n region. Die vraag is net, is daar genoeg spelers? Kan PUBG ‘n competitive game word met tournamanents op Xbox in Suid-Afrika? Laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *