Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Speel met ‘n keyboard en mouse Fortnite op PS4

Die ou afgesaagde argument: Wat is beter, keyboard en mouse of ‘n controller. Ek het vandag uitgevind dat jy Fortnite kan speel met keyboard en mouse op die Playstation 4. Geen fancy adapters en hacking hier nie. Plug net nou USB keyboard en mouse in jou PS4 en jy kan Fortnite speel. Plug and play.

Play Fortnite with keyboard and mouse on PS4 consoles

Jip, jy kan nou Fortnite speel met keyboard and mouse op PS4

Fornite is die Epic Games titel wat se Battle Royale mode ek deesdae speel terwyl ek wag vir PUBG om te land op Xbox One. Beste van alles is dat Fortnite se Battle Royale gratis is om te download en speel op PC, PS4 en Xbox One. Fortnite het baie skielik baie bekend geword toe hulle hierdie free Fortnite BR vrygestel het. Duidelik was daar ‘n groot gap in die console mark vir ‘n behoorlike battle royale titel.

Is dit regverdig vir PS4 spelers met net controllers?

In my opinie is ‘n keyboard en mouse net dood eenvoudig ‘n vinniger en meer akkurate peripherals as wat ‘n controller ooit sal wees. Jy kan vinniger draai met ‘n keyboard en muis en medium- tot langafstand skote kan baie vinniger en akkuraat afgevuur word. Ek sal byvoorbeeld nie teen ‘n speler wat ‘n keyboard en mouse het wil speel as ek ‘n controller moet gebruik nie. In Fortnite is daar ook die bou aspekte van die game wat baie makliker is om vinnig te doen met keyboard en mouse as wat dit is om met ‘n controller te bou.

Ek dink dat ouens wat Fortnite speel op PS4 sal baie groot voordele trek met ‘n keyboard en mouse bo-oor die controller spelers. Dit sal dus dan net regverdig wees dat controller en KB/M spelers op verskillende servers gesit word.

Kan PS4 spelers dus saam PC spelers Fortnite speel?

EK het nog nie die kans gehad om dit self te probeer nie, maar wat ek al gelees het op die internet kan PS4 spelers in PC servers ingetrek word as hulle deel gemaak word van ‘n party deur ‘n PC speler deur, omdat mens mekaar kan add met die Epic Launcher op PC. Dit beteken natuurlik dat dit ons stadig nader bring aan

Wat van Xbox One Fortnite met Keyboard and mouse?

Ek het sprake gehoor dat daar gewerk word aan die selfde keyboard and mouse vermoë vir Xbox One en Fortnite. Dit beteken dat net die PS4 ouens tans ‘n keyboard en mouse kan rock vir Fortnite op console, iets waaroor daar sekerlik gebrag gaan word tot die dag wanneer Xbox One dieselfde kan doen. Of daardie dag ooit sal kom sal ons maar moet sien. As ‘n span-PS4 ou jou baie kak gee hierdoor, herhinder hom net dat Xbox One oor so paar dae PUBG kry.

Wat dink jy?

Ek wil graag van julle, die gamers onder die gevaaalik lesers, hoor wat julle dink oor keyboard en mous op Fortnite te speel op PS4. Ek dink dit is great en ek hoop dit is iets wat binnekort nie net gaan sorg dat ek games met keyboard en mouse kan speel op console nie, maar ook dat ek hopelik teen spelers op ander platforms gaan kan speel. Laat weet my wat jy dink hiervan in die comments hier onder.

Hier is ‘n video van Jack Frags waar hy dit beter en in meer besonderhede verduidelik.

You may also like...

1 Response

  1. Drian de Lange says:

    Heyy, ek het n xbox en is opsoek na n paar friende om saam te speel, ek is 17 jaar oud. Stuur gerus vir my n friend request op SLiMjAn9874

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *