Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram – Vir die manne

Heelwat gevaaalik.com lesers kom spesiaal om te kyk na Stoute Boudjies.  Hierdie week se Dinsdagram word opgedra aan Stoute Boudjies, wat al jare lank sorg vir kantoorbadkamerdraties. Stoute Boudjies, wat jou nie oordeel nie, wat altyd daar is vir jou, LIEF is vir jou.  Stry?  Gaan kyk bietjie in daai girls se oë (of waarookal) dan praat ons weer.

Sovêr as wat posts gaan, was hierdie een heel gaaf om te doen.  Hier is ‘n paar meisies om te volg:

Jenna Jenovich – @jennajenovich

jennajenovich

Jenna het 1.8M kwylende stalkers, ek bedoel followers.  Ek wonder of haar Pa een van hulle is, shame.  Sy bly in L.A. en sy is ‘n Maxim cover girl.  Sy lyk vir my nogals heelwat na Megan Fox, waarmee daar niks fout is nie.

Sy is die tipe girl wie alle straight mans om haar pinkie kan draai, en wie likely geen regte vriendinne het nie.  Alle meisies haat haar.  Die eerste ding wat ek gesê het toe ek hierdie foto sien was “Nee fokkkkkit”.  Dis altyd ‘n goeie ding. Volg haar by @jennajenovich.

Alyssa Barbara – @alyssabarbara

alyssa

Daai is mos nou ‘n mooi kyk in haar ogies.  En ek hou van die lengte van die broekie ook.  Sy is fiks, vanaf Kanada en uitmuntend geskep.  Net kort van 250K followers en indien jy die 250,000ste follower is, vlieg haar familie jou soontoe om met haar te trou.  Sy is ‘n maagd, en jy moet die troue “amptelik maak” voor haar hele familie terwyl hulle ‘n baba rob met ‘n stok doodslaan.

Moenie geskok lyk nie, dit is standaard in Kanada.  Geen misdaad, maar weird ander shit. Volg vir Alyssa by @alyssabarbara.

Charlotte McKinney – @charlottemckinney

charlottemckinney

Sy is 22 en ‘n model/aktrise kombinasie.  Sy het nie matriek nie, want sy wou ‘n model word.  Sy rate haarself as “curvy” en dat dit die rede is hoekom die modelagentskappe haar nie ‘n kans wou gun nie.  Sy het toe “Insta-fame” behaal deur fotos soos hierbo te post.  Naby aan ‘n miljoen followers later en sy is in Esquire gewees.

Sien, Instagram kan vir jou deure oopmaak.  Soms deur tieners se zips oop te maak, maar whatever.  Bless her heart. Volg haar by @charlottemckinney.

Santiago PerezGrovas – @santiagopgm

santiagopgm

Ek is nie mooi seker wat Santiago PerezGrovas is nie, maar ek raai dit is either ‘n modelagentskap vir onderkleremodelle, of ‘n plek wat onderklere maak.  Die belangrike ding hier is dat hulle fokus op super oulike modelle met onderklere aan, en daarmee behoort ons almal heeltemal fine te wees.  In fact, ek dink ons behoort dit te ondersteun. Begin jou ondersteuning hier: @santiagopgm.

Instagram is ‘n baie veelsydige en opvoedkundige medium van kommunikasie. Mens leer gedurig iets nuut as jy bietjie rondsurf.  Ons het byvoorbeeld vandag geleer oor vroue diskriminasie in hierdie post, en waarnatoe meisies van slegs 22 jaar gedryf word as gevolg daarvan.  Daar is vir haar gesê dat sy nie voldoen aan die vereistes wat gestel word deur die “size zero” modelwêreld nie, en toe bewys sy hulle self verkeerd met haar lyfie.  Sy wen, ek wen, julle wen, almal wen!  Selfs feministe kan nie moan hieroor nie, iets wat mens nie maklik kan sê nie. As jy ‘n voorstel het van ‘n Instagram account wat in die Dinsdagram moet wees, laat weet ons in die comments.

Volg vir Stix by @gevaaalikdotcom en vir my by @sventasties.

You may also like...

1 Response

  1. June 15, 2016

    […] Pro tip: Heel links in The Rock se foto hier is Charlotte McKinney, wat ons ook al in die Dinsdagram gehad het. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *