Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bobby en Karlien van Jaarsveld maak Paris Hilton na in aandagvraat TV program

Ai, Bobby en Karlien van Jaarsveld, ai. Die lewe van Afrikaanse-popsterre het almal ‘n storie en daardie storie bestaan meestal uit aandag soek van ander mense af, ‘n konstante gesoek na goedkeuring van mense wat jou nie eers ken nie. Karlien ‘Aandagvraat’ van Jaarsveld en haar boeta Bobby ‘Dis ‘n Tottie’ van Jaarsveld gaan doen wat enige aandagvrate in die moderne era sou doen: ‘n Reality TV reeks begin.

Moet my nie vra wat die program se naam gaan wees nie, ek gee nie genoeg om om uit te vind wat die naam van die nuutste aandagsoekery is nie. Wat ek jou wel kan vertel is dat net soos met die van Jaarsveld se musiek is daar geen kreatiwiteit hier nie. Hulle kon nie eers deur die moeite gaan om aan hul eie premise uit te dink vir hulle program nie, hulle het sommer by die vlymskerp Paris Hilton en haar dom-blond vriendin Nicole Richie se The Simple Life idee gesteel en gehoop niemand sal agterkom nie.

Hoe slim is jy as jy ‘n program namaak wat in elk geval net 3.8 sterre uit 10 kon kry volgens IMDB? Wanneer dit by die van Jaarsveld kroos kom, dink ek kan jy daardie vraag self beantwoord.

Dit is reg Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld gaan maak asof hulle allerdaagse mense is deur allerhande takies te doen soos wat ons plebs moet. Wat ek dink hulle voor mik is dat mense sien hoe hulle werk vir hul geld soos die res van ons, dan vergeet ons miskien dat hulle geld maak deur aandag te soek by vreemdelinge. Natuurlik sal die program ook wys op ‘n kanaal wat uit is daarop om Afrikaners so onnosel te laat lyk as wat hulle kan: Via TV.

Jip, Via is nou die vertraagde klein boetie van Kyknet. Basies die gatkantkanaal van Afrikaans TV, asof Afrikaners regtig laer kan daal as Kyknet TV. Moet dus glad nie verbaas wees as trokvragte vol “Afrikaners” inteken om te kyk hoe Bobby en Karlien van Jaarsveld maak asof hulle al ‘n dag se werk in hul hele lewens gedoen het.

Bobby en Karlien van Jaarsveld trek voordeel uit die breinlose gehoor

Fokofpolisiekar het dit goed gestel: “Ons almal bou saam aan Afrikaanse-Amerika”.

Bobby en Karlien van Jaarsveld het dus besluit om ‘n Amerikaanse TV program se idee te gaan steel en dit oor te doen in Afrikaans terwyl hul hoop dat die breinlose gehoor nie agterkom nie. Hoeveel van die breinlose Via TV gehoor gaan die program kyk? Seker nie veel nie, en met TV is dit moeilik om werklik te bepaal hoeveel mense ‘n program kyk, anders as op die internet waar almal heel duidelik kan sien hoeveel mense het al jou YouTube video gekyk.

Ek het twee dinge wat ek wil voorspel oor Bobby en Karlien van Jaarsveld se onoorspronklike TV program:

  1. Daar gaan vir ons vertel word dat die program moerse suksesvol was en dat almal wat Afrikaans al gepraat het ooit dit gekyk het en sal aanhou kyk tot in einde van dae, al sal hulle nooit kan bewys dat die program regtig deur enige mense met ‘n IK bo 10 gekyk is nie.
  2. Die eerste episode gaan begin met Karlien wat vreeslik hartseer is as sy haar kinders moet groet voor sy gaan “werk vir haar geld”. Sy is mos so vreeslik bekommerd oor die privaatheid van haar kinders. (Lees daardie laaste sin met ‘n vet sarkastiese stemtoon)

Wie blameer ons vir Bobby en Karlien van Jaarsveld en hoe hulle is?

Onthou dat almal as ‘n baba gebore word en dat ons dan gevorm word deur ons ervarings soos ons deur die lewe gaan. In Bobby en Karlien van Jaarsveld se geval is hul ma die een wat hulle verander het in mense wat dink ander moet van jou hou voor jy ‘n ryk lewe kan hê. Darem is hul ma, Ronel Brink, nou ryk want sy is mos albei die van Jaarsvelders se “bestuurder”. Miskien moes ek ‘n derde punt by my voorspellings vir die tos-program bygesit het: Karlien en Bobby se ma sal ook gesig wys op die van Jaarsvelders se program “al haaaat sy foto’s”, want aandagvraat keweek aandagvraat.

You may also like...

16 Responses

  1. Pieter koen pampoen says:

    Dit lyk my ” vrydag bederf” is n ding van die verlede

  2. Jerky says:

    Gee nie genoeg om om te vind wat die kak se naam gaan wees nie maar gee net net genoeg om om a stuk te gooi ini nuus? Lekker

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Jerky: Yup, soms maak mens grappe oor goed waarin jy nie belangstel omdat dit so maklik is om grappe daaroor te maak.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter koen pampoen: Hey Pieter, het jy dalk al gevaaalik.com bietjie finansiël ondersteun? ‘n Hemp gekoop, of miskien ‘n Randella Beursie? Miskien net ‘n donasie gemaak via PayPal of my Patreon page? Miskien as ek nie geld hoef te gemaak het op ander maniere nie, en as gevaaalik.com al my rekeninge (insluitend die hosting vir die website self en al die ander kostes wat gaan saam met gevaaalik.com aan die gang hou) kon betaal, dan sou ek nie ‘n enkele Vrydag Bederf gemis het nie. Maar ongelukkig betaal jy nie my rekeninge nie, en die Vrydag Bederf ook nie, so ek verstaan nie regtig waaroor jy grens nie.

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Jerry: Die “diffs” is dat ek nie naastenby is wat Casey Neistat is nie, en dat Casey Neistat nie die enigste ou is wat video’s maak in daardie formaat nie, jou nool. Gaan kyk na Ben Brown of Fun For Louis en dan laat weet jy hulle twee sommer ook dat hulle vir Casey Neistat namaak. Of kies enige van die ander duisende populêre vloggers wat ook volg in dieselfde tipe formaat. By jou logika moet almal ophou om in paragrawe te skryf omdat iemand anders bekend geraak het vir sy skryfwerk wat in paragrawe geskryf is.

    In plaas van sit en ‘n obsessie met my nurse, moet jy miskien jou eie YouTube video probeer maak, ou perd. Maar nee, lafaards soos jy sit eerder en tos oor wat ander doen terwyl jy vir jouself lieg en sê jy kan dit beter doen.

  6. Eenhond says:

    Jeez Stix, jy moet bietjie relax. Miskien mis Pieter Koen dalk net die Vrydag bederf dis nie nodig on so af te gaan nie. Ek kan verstaan dat jy ook ñ bestaan moet maak maar jy sal moet leer om kritiek te kan hanteer want jy spring dadelik op jou perd. Ek het al geleer dat dit gaan nie oor wat jy sê nie maar hoe jy dit sê. Miskien as jy van die lesers beter hanteer kry jy meer finansiële ondersteuning. Jy praat baie oor mense wat grens maar ek het al baie gesien hoe jy hier grens. Of sluit net jou blog. Maklik

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Eenhond: Ja, so ek is bietjie edgy. Dit gebeur seker maar as jy onder stress is. Dude, die ding is dat mense verwag ek moet deur hoops spring, maar wil dit glad nie ondersteun nie, en dit is altyd die ouens wat brag oor hoe hulle net kom na gevaaalik.com vir die Vrydag Bederf of die Stoute Boudjies, moerse trots op die feit dat hulle my eintlik fokol like, maar nogsteeds weekliks na my site toe kom.

    So verskoon my maar as ek so bietjie afgaan van tyd tot tyd. It’s bound to happen na 6 jaar van gevaaalik.com run. Jy kom ook al vir laaaank na gevaaalik.com so jy behoort van beter te weet as enigeiets ernstig opneem wat jy lees op gevaaalik.com.

  8. Al Choholic says:

    Jy het sopas vir die v jaarsvelds die aandag gegee waarna hulle soek deur ‘n artikel te doen oor hoe jy hulle fokkol like…..
    Jirre maar jy is edgy. As die finansies so ‘n issue is, moet jy dalk ‘n regte werk kry soos die res van ons. Chill dude, dis Desember.

  9. Pieter koen pampoen says:

    Shit stix ek het nie geweet dus sulke tough times nie nou verstaan ek, ek sal kyk om jou te ondersteun deur later merch te koop

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Al Choholic: Jy verstaan wat dit is om met iets te spot, right? Die gek te skeer? Ek wil nie regtig hê die twee se show moet so hard vou dat hulle honger gaan slaap nie. As mens satire of ‘n grap moet verduidelik…

  11. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter koen pampoen: No worries dude. Sorry as ek soos ‘n doos voorkom in my ander comment. Dit was nie my bedoeling om jou af te pis nie. Dit is maar net wat dit is, en soms wil dit vir my voorkom of ek maar net ‘n breek kort. Dankie vir jou besoeke aan die site en onthou ook asb dat gevaaalik.com ‘n satire site is wat net daar is vir vermaaklikheid, maar dit is ook ‘n one man show en dit lyk dalk asof dit fokol is om te doen, maar dit vat ure se werk daagliks.

  12. Vannhh says:

    Jis waarom al die haat ouens? Dit was n moerse funny piece en lekker om te lees.
    Miskien het jy die Van Jaarsveld fanclub getrigger Stix? Keep up the great work!

  13. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Lyk my so, en lyk my ook dat daar steeds baie mense is wat dink alles op die internet is 100% waar, en dat satire nie bestaan nie.

  14. Van says:

    weer hier die klomp tosers… n dan stix wt nt mense wil kak hap heeltyd

  1. December 19, 2016

    […] jy gehoor van die nuutste “geen kreatiwiteit” wat ontstaan uit Afrikaans-pop? Lees sommer hier oor Bobby en Karlien van Jaarsveld se nuwe TV program. Onthou, as jy iets op gevaaalik.com ernstig opneem is die website tien teen een nie vir jou bedoel […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *