Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

24Oct/120

Wen R50 000 met Sing ‘it 2012

Verlede jaar het Sanlam met behulp van die musiekkanaal MK en LitNet die Sing 'it liriekekompetisie gerun.

Honderde mense het hulle lirieke ingestuur, en 'n klein groepie s'n is getoonset en opgeneem deur musikante soos Karen Zoid en Dans Dans Lisa, waarna 'n algehele wenner bepaal is.

Die kompetisie was 'n moerse sukses. Die wenner, Pierre Smith (pictured left, Photoshopped uncomfortably between the members of Dans Dans Lisa), het gewen met sy song "Die ouer ek", wat tans deur MK gespeel word soos 'n Heidi-video by 'n rumoerige kleuterskool. As jy dit dalk misgeloop het, dit is onder aan hierdie post.

Aspirant-liriekskrywers het nou weer 'n kans om pryse los te slaan met die nuutste inkarnasie van Sing 'it. Click die pic hieronder, of besoek LitNet.co.za vir meer besonderhede.

Soortgelyke gevaaalikhede:

Ek is verslaaf aan die ruk en roll
Bittereinder - Slechte Mensen
Compressorhead - Metal was nog nooit so metal nie

Posted by Joe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

(required)

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers