Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

4 Animated TV Series wat jy moet kyk

Ek verkies animated series. Een groot rede is omdat jy net met meer kan wegkom as iets animated is. Probeer jy ‘n sci-fi-comedy adventure series maak wat nie animation is nie. My vrou reken dit is omdat ek nogsteeds ‘n kind is. Waarvan ek jou wel kan verseker is dat die vier animated series hier onder heeltemal die kyk werd is, veral omdat jy nie meer ‘n kind is nie.

Ek is mal oor South Park, Family Guy, American Dad, Metalocalypse, The Simpsons en baie ander classics wat ons almal ken. Hierdie hier onder is vier animated series wat ek onlangs ontdek het.

Rick and Morty

Rick is ‘n genius-mal-scientist met ‘n drank en drug probleem. Morty is Rick se onnosel en onskuldige kleinseun. Rick vat vir Morty op allerhande adventures deur die multiverse en in elke universe is daar nie net aliens nie, maar ook ‘n ander weergawe van Rick, Morty en elke ander mens. Hilarity ensue en donker temas laat jou lag en al kan jy soms nie glo jy lag vir dit nie.

Rick and Morty South Africa

Rick and Morty is ‘n Adult Swim animated series wat se derde seisoen oppad is. Een van die creators is Dan Harmon wat ook verantwoordelik is vir Community. Rick and Morty is ‘n TV reeks wat homself glad nie te ernstig opneem nie, en daar word selfs uitgewys dat dit ‘n TV reeks is in seisoen een. Daar word vinnig geraak op party social issues wat ons deesdae ooral sien en die sin vir humor is donker. Verwag ook violence van tyd tot tyd want dit is glad nie snaaks om ‘n alien se kop te sien ontplof of ‘n alien wat ‘n mens in twee ruk nie.

Rick and Morty is tans my gunsteling TV reeks en ek kan nie wag vir seisoen drie nie.

BoJack Horseman

BoJack Horseman is die storie van ‘n uitgewaste akteur wat eens op ‘n tyd op ‘n baie bekende sitcom was. BoJack die perd het ook ‘n drank probleem en moet met die hulp van ‘n ghost writer ‘n tell-all boek skryf van sy lewe. Deur die proses ontaard ons waar BoJack se probleme vandaan kom. BoJack Horseman is ‘n Netflix Original reeks waar Will Arnett die stem doen van BoJack. Aaron Paul van Breaking Bad vertolk die stem van Todd, die werklose 24 jarige slacker wat op BoJack se bank bly.

Bojack Horseman Netflix South Africa

Die reek speel af in ‘n wêreld waar mense en anthropomorphic diere saam lewe, in die geval in Hollywood. BoJack probeer om weer relevant te word as celebrity deur sy tell-all boek. Die hele reeks dryf die spot met Hollywood, celebrity culture en die filmindustrie. Daar is al drie seisoene en almal is beskikbaar op Netflix vir ‘n lekker binge watch sessie. Van tyd tot tyd is daar ook cameo appearances van actual celebrities soos Jessica Biel, Daniel Radcliffe en Paul McCartney.

F is for Family

F is For Family kom uit die kop van Bill Burr. Die reeks speel af in die 70s en trek uit Bill Burr se persoonlike ervaring toe hy groot geword het. Frank is die pa van ‘n 70s gesin en Bill Burr doen Frank se stem. Frank se oudste seun is ‘n stoner, sy jongste seun is ‘n nerd en sy dogtertjie is net weird. F is For Family is ook ‘n Netflix Original series en dit is een van die beter reekse wat ek al gekyk het.

F is For Family Netflix South Africa

Netflix het glo vir Bill Burr en sy groep writers gelos om die storie te skryf soos hulle wil en daarom is dit baie goed. Die reeks het so goed gedoen dat daar ‘n tweede seisoen aan gewerk word. Ongelukkig is daar net ses episodes in seisoen een, maar jy gaan dit tien teen een in elk geval meer as een keer wil kyk. Bill Burr is een van die beste comedians op aarde en daarom is F is For Family ook baie snaaks. Soms laat dit mens effens nostalgies voel oor goed soos ‘n draai-tellefoon.

https://youtu.be/HFzrvMS6P8g

 

Adventure Time

Adventure Time is die avonture van Jake die hond en Finn die mens in ‘n post-apocalyptic wêreld met die naam “ooh”. Magic het terug gekom na die Kingdom of ooh en Finn en Jake wil net heeltyd avonture hê. Adventure Time is a Cartoon Network reeks en is tans besig met seisoen 7. Deur elke adventure saam leer Finn en Jake ‘n les oor iets. Al is Adventure Time die mees kinder-vriendelike reeks van almal hier vandag, sal ek steeds gereëd wees vir so paar vra as jou kind onder 13 is en Adventure Time kyk.

Adventure Time South Africa

Daar is baie unike musiek, ‘n verskydenheid recurring karakters en ‘n lang deurlopende storie vir die wat kans sien om al 263 episodes opeenvolgend te kyk. Vir die wat nie wil nie, jy kan maklik geneog inval en net ‘n random Adventure Time epsiode ook kyk. Alhoewel episode een die perfekte een is om mense voor te stel aan Adventure Time. Jy sal ook hoor dat John DiMaggio Jake se stem doen, en hy was al in so baie goed as ‘n voice actor dat jy dadelik gaan sê: “Daai geel hond se stem klink vir my baie bekend.”

Adventure Time is ook ‘n stoner favourite. As jy dus so elke nou en dan bietjie plante brand vir die vuurgode, kry miskien ook so paar Adventure Time episodes op YouTube.

 

Wat is jou gunsteling animated series? Is daar een wat ek mis wat ons almal moet kyk? Laat weet ons in die comments.

You may also like...

7 Responses

  1. Vannhh says:

    Goeie shoutout vir Adventure Time.
    Nog n recommendation wat ek kan maak is vir Regular Show. Dit het daai selfde unieke humorsin wat Adventure Time het en ek reckon dit kan goed saam n blunt of twee werk.
    Avatar The Last Airbender is n must see, maar Legend of Korra was nogal n teleurstelling.
    Die eerste paar seisoene van Venture Bros hoort ook op hierdie lys eintlik.
    Snaaks hoe cartoons deesdae meer entertaining as meeste van die ander kak op DStv is.

  2. Ernesto says:

    Cool lys! Ek sal ook Bob’s Burgers en Archer byvoeg as kwaliteit animated shows om te kyk.

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Ernesto: Shit, jy is reg. Archer is verseker een wat ook op die lys kon wees. Ken nie Bob’s Burgers nie, maar ek gaan dit sommer nou soek. Thanks.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Ek het al so hier en daar goed gesien van Regular Show op die internet. Altyd gewonder of dit die moeite werd sal wees om te kry. Laat ek sommer nou ‘n episode gaan kyk.

  5. Vannhh says:

    Archer is nog op my to-see lys ook, laat weet wat jy gedink het van Regular Show Stix.
    Try Venture Bros ook, kort 15 minute episodes, maar moerse funny. My favorite line is Dr Venture wat sy bakleiende laaities uitkak met : “No, I brought you into this world in a moment of passion, and I’m going to take you out the same way!”

  1. November 28, 2016

    […] Kort jy iets nuut om te download en te kyk? Hier is vir jou so paar voorstelle: 4 Animated TV series wat jy moet kyk. […]

  2. May 22, 2017

    […] In die 70s was daar nie iets soos PC nie. Niks van hierdie oorsensitiewe snowflakes wat heeltyd grens oor snert wat hulle lewens nie eers raak nie. Baie van ons Afrikaners het ook groot geword met ‘n pa wat nie PC-brieke gehad het nie. Miskien is dit hoekom ek so baie hou van F is for Family. Ek het vir ‘n rede F is for Family voorgestel as een van die vier animated reekse wat jy moet kyk nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *