Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jy kan nou Netflix series en flieks download op Netflix

As jy een van daardie mense is wat bietjie stadig leer, dan het jy seker nou nog DSTV, of ShitShowMax. Dit terwyl daar dienste soos Hulu, HBO Go, Amazon Prime en Netflix is, kies jy om belaglike hoeveelhede te betaal vir dieselfde shows, oor en oor en oor.

Netflix is een van my gunsteling streaming services juis oor hulle stand-up comedy, documentaries en Netflix Originals en ek betaal graag my R130 ‘n maand vir dit. Ja, ek kan alles wat op Netflix is for free kry elders, maar ek betaal my R130 want ek weet Netflix gebruik hul geld vir awesome Netflix Originals (House of Cards en Narcos om net twee te noem) te maak en ook om comedians soos Joe Rogan te betaal om sy stand-up specials (sy nuwe special se naam is Triggered en dit is moer snaaks) op Netflix te laat wees.

Netflix se een groot probleem

Kom ons sê jy sit en wag vir jou vlug op die lughawe en jy kyk bietjie Netflix om die tyd verby te kry. Nou moet jy op die vliegtuig klim en jy is in die middel van die laaste episode van Narcos. Jy wil eintlik die res van die episode kyk terwyl jy vlieg, amar jy kan nie want op vliegtuie het ons nie internet nie. Nou kan jy eenvoudig die episode download en dan kan jy dit steeds klaar kyk op die vliegtuig, sonder internet.

netflix-now-lets-you-download-series-and-movies

So nou kan jy ook as jy op die Tube sit in Londen onder grond aanhou om jou gunsteling Netflix shows en movies te kyk as jy hulle by die huis gou gedownload het. Luuks!

Wat kan jy alles kry op Netflix Download?

Ja, nie alles op Netflix kan nou al gedownload word nie, en hierdie werk net vir die Netflix apps op iOS en Android. Tog sê Netflix dat hulle hard werk om alles op Netflix beskikbaar te maak vir download en offline viewing!

Ons lewe in ‘n wonderlike tyd. Wat dink jy van Netflix? Ek love dit, want die deure is stadig maar seker besig om toe te maak vir geldwolwe soos DSTV. Laat weet wat jy dink in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *