Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

3 Woorde wat Afrikaners moet ophou gebruik

Editor’s note: Die stukkie is oorspronklik gepost in November 2015, maar het onlangs weer vlam gevat.

Ons almal het al hierdie woorde gesien op Facebook of gehoor op kak TV soos 7de Laan. Daardie woorde wat se gebruik alle Afrikaners laat klink soos mongole. Darth Vader alleen weet wat dit is met Afrikaners dat hulle altyd hulself wil uitbeeld aan die res van die heelal as dom. Nie almal van ons is so onnosel nie.

Hier is drie woordjies wat jy as Afrikaner onmiddelik van jou woordeskat moet verwyder.

Blessed

Ek is all for dankbaar wees vir wat jy het. Fok weet, jy kon on Liberië gewees het nou, jy het iets om voor dankbaar te wees. Maar net oor jy dankbaar is, hoef jy nie ook onnosel te wees nie.

Pretended-Life-on-Facebook

“Vandag slaap ons bietjie laat. Blessed.”

Die heel maklikste manier om te weet of ‘n sin jou soos ‘n doos gaan laat klink is om dit hardop vir jouself te sê, soos die mal mens wat jy is. As jy dit hoor en dit klink soos ‘n sin wat daardie dom-blonde op 7de Laan sal sê, dan behoort jy vir jouself te kan uitwerk dat jy nie daardie sin behoort te gebruik nie.

Jy behoort dankbaar te wees, maar omdat jy die woord “blessed” gebruik is die grootste ding waarvoor jy moet dankbaar wees dat mense nog met jou praat. Voel “blessed” soveel as wat jy wil, almal dink jy is ‘n blessed doos.

Tjom

Daardie spul beta-bitch akteurs op 7de Laan is 100% verantwoordelik vir die walg-woord. Hulle, en fokken Affies seuntjies wat 15 jaar na hulle op skool was steeds brag daaroor dat hulle saam met Faf in Affies was. Moet nie kommer nie, ek weet ook nie wie Faf is nie.

Affies Jocks

Jou vriend het ‘n naam, gebruik dit en noem jou vriend op sy naam. Jou Tjommie is daardie area tussen jou hol en jou balsak. As jy goed sê soos “Ja nee kyk tjom, ons is kaksnaaks.” dan verdien jy dat jou neus loodreg in die vetste, vuilste, brandewyn en coke vir ontbyt met kaaswors, kak en vee nie sy hol af nie, Afrikaner se tjommie gedruk word. Ruik jy dit? Dit stink ne? Soos dit daar ruik, dit is hoe dit klink as jy die woord “tjom” gebruik.

Vriendin

Die woord vriendin is as sulks nie ‘n slegte woord nie, maar weereens moet Afrikaners weer die dam onder die eend se hol uit ruk.

Afrikaner dom-blonde uitbeelding deur die jare

“Haai vriendin, ons het mekaar so lanklaas gesien.”

Die rede hoekom jou vriendin jou so lanklaas gesien het is omdat jy nie haar naam gebruik nie, asof sy nie ‘n mens is nie. Weereens is 7de Laan se dom-blonde verantwoordelik vir hierdie onbeskofte gebruik van die woord vriendin. Nee, dit is nie cool om na elke vrou wat jy ken te verwys as “vriendin” nie. Nee, ons dink nie jy is ditsy en cute as jy “vriendin” so gebruik nie. Ons dink jy het jou opvoeding van 7de Laan gekry, en dus kyk ons neer op jou. Hou asseblief op om te veroorsaak dat mense dink alle Afrikaner-vrouens is so onnosel soos jy.

Is daar ‘n woord wat jou walg?

Ja, ons almal het al in ons geestesoog gesien hoe ons met ‘n kar oor iemand jaag wanneer hy of sy een of ander woord gebruik wat ons walg. Los die woord wat jou walg in die comments hier onder, sodat ons saam met jou gewalg kan wees.

Kry nog gevaaalik.com in jou inbox deur net op te teken met jou naam en e-mail.

You may also like...

26 Responses

  1. Gert says:

    Jirre ek kan my mos in n ander bloed groep in die poes in kry as iemand daai fokken Omo/Skip tos was poeier fokken kak vir my kom sê “oooooh eh eh”. Jissis ek kry sommer n kramp in my hol van woede net om dit te tik.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Gert: Yes. Daai is ook ‘n baie irreterende een. Baie soos daardie “Lekker man, lekker.” advertensie.

  3. Wit Willem says:

    As iemand vir jou “goed en self” se net nadat hulle die telefoon antwoord sonder dat jy gevra het hoe dit gaan.
    En ook as iemand altyd aan die einde vat elke gesprek net se “waardeer”

  4. Allas says:

    Nogals, is nogal n pyn in my gat.

  5. Marcel says:

    Ek donners haat die woord “Dop”: “Tjom, kom ons gooi vir ons n fokken dop.”

  6. Neil says:

    “Ja, nee kyk. Aan die gang.” Waddefok is dit? Yes no look, on the passage. Dit irriteer die kak uit my uit.

  7. Andrew says:

    Wanneer ieman se “ja nee”.. Dit maak nie fokken sin nie.. Is dit ja? Of is dit nee..

  8. Janeske says:

    “Shanana “

  9. Jacques says:

    As iemand sê “norra fok”, sê liewer “nie vir n fok nie”. Dit maak my van my tiete af

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Jacques: Ek stem 100% met jou saam!

  11. “Doeksag” soos in: ” Jirre tjomma, hierdie dop is doeksag”.
    Selle met “Shanana” soos Janeske gesê het…

    En…dis nou nie ‘n woord nie, maar ek HAAT dit as mense vra “So, wat sê jy” in plaas van om te vra hoe dit gaan.

  12. nicolene says:

    Dit woorde soos die wat afrikaners n gebrek aan ons wonderlike taal gee met hul “slang” kak woorde wat my walg is volgende: bra- nee bra waar in die fokken lewe kan iemand n bra wees of hang die bra se straps aan die ore om die balls bo tehou *ou-wat maak jy ou – regtig is jul so kleinlik om die woord ou tegebruik het jul nie geweet dat dit nie n woord is nie maar n klinker.. kom by die van jul wat die woorde gebruik gee afrikaners wat skool gegaan het n gevoel van disleksie wake up and smell the coffee

    geen wonder die oorsee se mense vra speak south african ons het 11 donnerse tale maar south african is nie een van hul nie

  13. nicolene says:

    O ja en as iemand X vir ek gebruik. X lief vir jou x alles in my lewe verloor

  14. spykerman riekert says:

    Onthou jul nog die dae wat mens iemand gezonk het op sy tjommy. Net met ouens gewerk

  15. Ruan Stix Fourie says:

    @spykerman riekert: Ek het in St. 3 ‘n ou so hard gezonk hy het begin huil en toe word ek na die hoof se kantoor gestuur.

  16. Ruan Stix Fourie says:

    @nicolene: Jip, enige “sms-taal” gebruik is ‘n duidelike teken dat iemand ‘n dom drol is.

  17. hanswors says:

    Ek weet dis nou NIE AFRIKAANS nie , maar as n soutie jou mos groet en hy se “howzit Boet of howzit bud of fokken Bru.”en hy ken jou van geen kant af nie!!kak in my broek

  18. cyril says:

    Lekker man, lekker … hou dan eerder jou bek as jy fokol beter kan se nie. Irriteer die kak uit my uit.

  19. Ruan Stix Fourie says:

    @Cyril: Goeie bliksem ek haat “Lekker man, lekker.”. Net mongole sê dit.

  20. Jannie says:

    Jirr die teem is real … hahaha maar ja nee daai is semi annoying as dit te veel gebruik word ne.

  21. Sophia says:

    Shap is die ergste, en fokken ongeskik.

  22. Ian says:

    Wat van mense wat heeltyd die woord. “ongelooflik” gebruik. En mense wat 3 keer baie baie baie dankie se irreteer die hel uit my. En wat beteken hartsmense?

  23. Ivan says:

    Ek bieg, ek’s nou op ‘n Gevaaalik binge vir een of ander rede hierso. Anyway, hierdie gaan nie pas nie maar wie gee om?

    Klink vir my ou Stix was onlangs geforseer om al veertig duisend millenium van 7de Traan episodes te kyk. Verstaan my reg – dit suck, ek sê net die arme man het dit in vir die soap.

  24. Jacques says:

    Hectic

  1. November 30, 2015

    […] Lees hier wat die 3 woorde is wat Afrikaners moet ophou gebruik. […]

  2. December 4, 2015

    […] sien nie, is die oplossing eenvoudig: Laat jou voetjies raas. Miskien is jy meer ‘n “7de Laan Afrikaner” of erger, ‘n Maloerla Media […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *