Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Carte Blanche praat dagga – officially nou ‘n hot topic

Vir die van julle wat nie weet nie; Dagga is iets wat die laaste ruk nogal baie bespreek word in Suid-Afrika. Die dae van propaganda wat versprei word oor dagga in die media is stadig maar seker besig om tot ‘n einde te kom. Die grootste rede hiervoor is die internet en hoe maklik dit geword het vir almal om informasie te kry oor enige ding. Ek kan nou vir jou ‘n file optrek wat ek bymekaar gemaak het oor die laaste paar jaar, met links na ‘n verskeidenheid studies en papers wat gepubliseer is oor dagga. Al hierdie links vertel ‘n baie ander storie as wat daar vir my gevoer is toe ek op skool was.

Carte Blanche Marijuana dagga

Hier is hoe dinge tans staan: In Suid-Afrika, soos meeste van die wêreld, is dagga onwettig. In die USA het Colorado wettige recreational daggawinkels vanaf 1 Januarie 2014. Daar is selfs al dagga advertensie op TV in Colorado. Soos die skape wat die mensdom is, het almal nou op die dagga bandwagon gespring nadat die domste land in die heelal, Amerika (ek oordryf dalk so bietjie hier) die voorbeeld gestel het en marijuana legal gemaak het. Nie lank nie toe word dagga bespreek in Suid-Afrika op konserwatiewe radio soos Kakeranda FM (Jacaranda FM), RSG en Talk Radio 702. Tot my verbasing het meeste mense wat ingebel/ge-sms/ge-tweet het na al hierdie radio stasies resoundingly saam gestem dat dagga wettig gemaak moet word in Suid-Afrika ook.

Dagga in die SA parlement

Toe, nie lank na dit nie het een van ons eie MP’s uit die dagga-kas geklim. Dr. Mario Ambrosini van die Inkatha Freedom Party (IFP) het ‘n “Medical and Industrial Marijuana” bill voorgelê in die parlement. Nie omdat hy hou van ‘n joint rook nie, maar omdat hy terminale longkanker het en hy behaldel sy siekte nou al vir maande met cannabis oil. Dit was ‘n groot tree vorentoe vir dagga in Suid-Afrika. Vir te lank is die pro-dagga- fight geveg deur ‘n klomp hippies en mense soos ek. Vir die eerste keer (in Suid-Afrika) het iemand wat nie rondloop in ‘n tie-die hemp, jeans en ‘n paar plakkies wat hy gemaak het uit sy eie hare nie, na vore gekom gekom en erken dat hy dagga gebruik. Iemand wat die corporate fuckwits, politicians en uptight douchebags (Lees as right-wing-Afrikaners) kan ernstig opneem.

Carte Blanche maak dit official

En soos ons almal weet, fokol van belang gebeur in Suid-Afrika sonder dat Derrick Watts en die Carte Blanche team ook iets daaroor te sê het nie. Gisteraand het Carte Blanche die dagga bom gedrop op ‘n groot manier. Baie mense kyk Carte Blanche, 19:00 op ‘n Sondag aand, toe praat ons dagga.

Dit is duidelik dat dagga nie meer ignore kan word in Suid-Afrika nie. Hoor julle useless DA idiots? Almal praat daaroor en julle kan maar julle mening oor die saak ook gee. Ek kyk 100%, direk vir jou tannie Zille. Soos enige kanker maar maak, het die ANC ook eweskielik regop gesit toe hulle besef dat dagga ‘n cash crop is waarvan hulle moontlik in die toekoms sal kan steel. Ou Jay-Z het blykbaar vir die minister van geseondheid gesê om in te kyk op die saak.

Ons praat al vir lank oor dagga en hoe sinneloos dit is dat dit onwettig is. Ek het ook al vantevore gesê dat as dit nie was vir dagga nie, sou gevaaalik.com tien teen een nie bestaan het nie. Gaan dagga wettig word in Suid-Afrika? Ek fokken hoop so, en die kanse lyk groter as ooit. Die ANC besef ook heel duidelik dat die legalization van dagga baie werke sal skep. Aangesien die ANC 6 miljoen werke belowe het, is die dalk die plant wat hulle kan help.

Either way, dit kan nie meer ignore word nie. Daardie donderse Amerikaners het eintlik iets reg gedoen vir ‘n slag, en niemand gebomb of vermoor met ‘n drone nie. Nou moet jy jouself vra: Stem ek vir die ouens wat dagga wettig wil maak, die ouens wat nie dagga wil wettig maak nie of die ouens wat dagga wil wettig maak vir die verkeerde redes?

https://youtu.be/iQAAo38naZQ

Disclaimer:

Hierdie is natuurlik net een van die faktore wat jy moet in gedagte hou wanneer jy jou keuse maak oor wie jy voor gaan stem. Maar ek dink ons land kan nogals doen met ‘n ekonomiese hupstoot, al is dit nou van ‘n weed wat mense so bietjie laat giggle se kant af. Viva IFP! Viva The Dagga Party! Maar meeste van alles dankie en viva Dr. Mario Amrosini!

You may also like...

4 Responses

  1. pisgesig says:

    “Get up, stand up. Stand up for your rights”
    “Get up, stand up. Don’t give up the fight”

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: +1 man, +1.

  3. Vickert says:

    Ek vote nogsteeds ni ANC ni ma GO DAGGA!!!

  1. March 19, 2014

    […] Vir nou sal jy maar tevrede moet wees met die week se Stoute Boudjies. As jy klaar is, gaan kyk die Carte Blanche video oor dagga in […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *