Lamb of God se Randy Blythe is uit die tronk
Goeie nuus vir metal fans die wêreld deur. Randy Blythe, Lamb of God se vocalist, is vrygelaat uit die Czech tronk waar hy die laaste maand spandeur het. Ons het nou die dag gepraat oor die situasie in ons gevaaalik.com podcast. Randy is aangehou vir so bietjie meer as ‘n maand nadat hy beskuldig is dat hy ‘n fan in 2010 by ‘n show in Prague van die stage af gestoot het. Die fan is toe twee dae later dood en Randy is die een wie blameer word vir sy dood.
Randy is nou terug in die VSA en het so paar dae terug die foto hier bo op sy Instagram gedeel van hom en ‘n fan wat hom by die lughawe kom verwelkom het. Hy het die volgende gedeel saam met die foto:
I apologize for my absence. I had an unexpectedly lengthy layover in the Czech Republic. This lovely young woman named Lia came to the NYC airport just to say “Randy, I’m glad you’re home.” WHAT A SWEETHEART! Her boyfriend Gary had to work so we called him on his cell. WE HAVE AWESOME FANS! How rad to be greeted by one for my layover in NYC- soon I’ll be home in RVA- thanks for your good thoughts & prayers- I’ll release a statement soon. Yee-haw and God bless the U.S.A.!!!!!!!!!
Randy keer terug na die stage oor so bietjie minder as twee weke vir Knotfest. Om die vrylaating van een van die beste metal vocalists te vier sit ek Lamb of God se video vir “Ghost Walking” vir julle hier onder. En voor jy grens dat jy nie kan hoor wat gesing word in die video nie, gaan kyk die lyrics video.
5 Responses
[…] was toe met groot teleurstelling dat die band hulle laaste deel van hulle toer moes kanseleer oor Randy Blythe se probleme in Prague. Gelukkig is daardie nou gesort en Lamb of God gaan Suid-Afrika op metal horings neem vir twee […]
[…] omdat dit net 'n geskree is. Ek dink altyd daar is iets fout met daardie mense want ek kan hoor wat Randy Blythe sing en hy is nogal bekend vir sy "geskree". Maar Lamb of God is nie net nog 'n metal band nie. […]
[…] gaan oor die impak wat metal musiek op mense se lewens het en volg ook die band deur die trail wat Randy Blythe gehad het in Prague nadat 'n fan wat by een van hulle shows beseer is dood is. Lamb of God is […]
[…] ons wêreldwye ekonomie, politiese sisteem, religious cults ens werk. Dit is snaaks hoe vocals soos Randy Blythe s'n mense dadelik laat dink daar is iets boos agter die […]
[…] uit Randy Blythe se mond. Randy sê dat fans nie ‘n prison album moet verwag nie, dat hy skryf oor goed wat […]