Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lamb of God – King Me

“I saw the world through the lens of a pinhole camera. I saw nothing. I was blind. In between a black hole and supernova is where you’ll find me. Imploding and expanding simultaneously, no longer alive.”

Lamb Of God - King Me

Een van die grootste redes wat mense my gee oor hoekom hulle nie metal luister nie is omdat dit net ‘n geskree is. Ek dink altyd daar is iets fout met daardie mense want ek kan hoor wat Randy Blythe sing en hy is nogal bekend vir sy “geskree”. Maar Lamb of God is nie net nog ‘n metal band nie. Lirieke en betekenis agter songs is nog altyd vir my ‘n groot deel van hoekom ek van musiek hou. “King Me” is een van Lamb of God se songs wat vir my oor die laaste paar maande meer betekenis opgetel het.

Randy Blythe het in een interview wat ek gelees het gesê dat die song se lirieke baie gaan oor hoe hy sy lewe gaan aanhou lewe soos wat hy nog heeltyd doen, maar net op ‘n slimmer manier. Dit beteken nie veel nie, maar ek kan verstaan hoekom mense nie wil verduidelik wat lirieke beteken nie. Vir my het “King Me” sy eie betekenis aangevat.

Een van die grootste goed wat mense mee sukkel is ons ego. Ek is cool. Ek is awesome. Te groot vir jou skoene. Enige persoon wat al ‘n behoorlike hallucinogens experience gehad het sal weet dat dit jou ego vinnig op sy plek sit. Vir my is “King Me” oor daardie fight met jou ego as jy a hallucinogen experience het.

Maak daarmee wat jy wil. Kyk die video hier onder en lees die lirieke. Al is jy nie ‘n fan van metal of Lamb of God nie, die mag dalk net jou perspektief oor die band verander.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *