Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bid vir my, bid vir my, bid vir “the Lamb of God”

“Urgent prayer request: A heavy metal band called.. the lamb of god… (This name blasphemys our Lord Jesus) are going to be in JHB next Saturday with mant satanic high priests joining them. They plan to do sexual orgies, and sacrificeing to satan. This past weekend a murder took place at the site that the concert will be held. They are planning to pray over SA for the elections to be full of violence. Please inform your church. Past Kenneth (The Tower Church) Ontvang van”

Hierdie is ‘n verbatim quote van ‘n boodskap wat die rondtes doen op Facebook. Aww sweety, jou arme delusional klein beast. “Preach father, Preach!” weergalm deur die gange van ‘n malhuis. Behalwe vir die blatantly obvious spelfoute en taalmisbruik in die klein stukkie het jy ook heeltemal die band se naam verkeerd gekry. Dit is Lamb of God, nie The Lamb of God nie. Dus is dit nie blasphemy teenoor jou Lord Jesus nie. Logika skree dat Lamb of God nie verwys na die lam van enige spesifieke god nie.

Hoe is dit dat sommige Christene kies om sulke dose te wees, wanneer al wat hulle geloof van hulle af wil hê presies die teenoorgestelde is? Deur te troll soos die pastoor doen maak hom/haar net so groot fool soos die Atheist wat voel dit is nodig om heeltyd uit te wys dat hy of sy slimmer is as dié van ons wat glo in a greater power.* Deur goed soos dié te sê is jy net so ‘n groot asshole soos die Moslems wat iemand doodsteek met ‘n mes oor hy ‘n prentjie geteken het van hulle Allah.

...just like he loves us all.

…just like he loves us all.

Ek luister al heel week na niks anders as Lamb of God nie. Ek het nog niks geslag nie, ek koop my vleis steeds soos elke week by die slaghuis. Ek het ook nog nie my piel betrokke gevind by enige orgies nie. My probleem met orgies is dat daar net hot girls is in fake orgies wat jy in porn sien, regte orgies is vol gross, vet, middeljarige mense. Ek het ook nog geen satans aanbid nie en sover ek weet is die enigste satanic priest wat ek gesien het die een in die weird porn parody gewees wat ek nou die dag aan die einde van ‘n related video black-hole gevind het op RedTube.com. Nie regtig nie, ek is nooit vir meer as 5 minute op daai site nie.

Sien jy hoe maklik is dit om sinnelose stories op te maak? Daar was geen moord laas week by Nasrec nie. Die Nasrec serial killer is al vir jare in die tronk. Ek is doodseker daarvan dat die persooon nog nooit na Lamb of God geluister het nie, want indien hy of sy het sou hy of sy heel bewus gewees het dat Lamb of God nie.musiek gaan oor baie issues; politiek, die ekonomie, religious cults en oorlog. In meeste van hulle musiek wys hulle die fallacies uit in die gebreekte manier hoe ons wêreldwye ekonomie, politiese sisteem, religious cults ens werk. Dit is snaaks hoe vocals soos Randy Blythe s’n mense dadelik laat dink daar is iets boos agter die musiek.

The eyes of the patriot, fixed through the scope. The unknowing tyrant walks to the rope. It’s when murder is justice that martyrs are made. A one-gun salute for the new independence day – Lamb of God, “One Gun”

Eintlik gaan Lamb of God se musiek oor presies wat jy nou besig is om te doen deur sulke snert op die internet te gooi sonder dat jy eers die moeite gedoen het om die lirieke van een van hulle songs te gaan lees; anti-haat, anti-korrupsie, anti-wraak op mense net oor wat hulle glo. Presies die teenoorgestelde as geweld gedurende die verkiesing.

Tog verstaan ek hoekom mense kies om eerder up in arms te raak oor Lamb of God. Eerder as net hulle energie gebruik om ‘n goeie boodskap te versprei. Dit is baie moeiliker om te dink oor goed as wat dit is om net blindelings te glo. Lamb of God is verseker ook nie die eerste prominente mense om hul stem dik te maak teen die sisteem nie. Daar was so ou in die Bybel se tyd wat dit ook gedoen het, sy naam was Jesus. Op die ou einde is Jesus ook vermoor omdat hy ‘n boodskap versprei het. Jesus se boodskap was om net ‘n nice mense te wees, die basiese reg en verkeerd wat strek oor meeste gelowe en vergifnis in plaas van haat en wraak. Maar dit sou jy geweet het as jy eintlik jou Bybel self gaan lees het en bietjie gedink het, vir eens.

Ek gaan verseker nie die Satan aanbid nie. Nie Saterdag nie en ook nie op enige ander tyd nie. Ek gaan wel een van my gunsteling bands gaan kyk omdat ek ‘n waardering het vir die boodskappe agter hulle musiek en die ongelooflike talent wat hulle het as musikante. Jesus is lief vir hulle ook.

*Ja, ek glo, in iets, ek het al shrooms gedoen. Daar is verseker iets daar, ek kan jou net nie sê presies wat nie

You may also like...

11 Responses

  1. Danielle says:

    “Ek het nog niks geslag nie, ek koop my vleis steeds soos elke week by die slaghuis.”
    Lol ek rerig.
    Lekker gelees 🙂

  2. Chris says:

    Amen.

  3. pisgesig says:

    Yipeee. Ek kan weer comment sonder om my siel te verkoop. Ek neem aan die comments het feitlik drooggeloop met die login requirement in plek. Mooi so Stix man – ek is persoonlik gatvol daarvoor om vir alles te moet fokken op sign en in log. Fok tog – hoekom moet jy my e-mail adres of ouderdom weet voor ek ‘n bliksemse web-comic kan lees?

    Either way. Nou vir die actual comment : Mens kan nie meer verwag van enigiets op vuispoep nie. Ek’s verbaas mense steur hulle nog aan die tros boktos.

    Viva anonymity-en-‘n-social-media-vrye-wêreld, VIVA

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Ja, ongelukkig kry ons baie spam comments en daarom het ons probeer om dit te mitigate met die ander comment system. Ongelukkig, net soos spammers, wil ander lesers nie altyd op-sign op te comment nie want ons hou van skuilname gebruik.

    Thanks vir die comment. Dit is lekker om jou terug te hê

  5. Chris says:

    Ek weet dit is glad nie die punt nie, maar jy kan nie op ander se spelling comment as jy nie eers versprei of tipe kan reg spel nie. Use it, don’t.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Chris: Thanks, dit glip maar deur. Gewoonlik het elke stukkie wat ek skryf so paar foute. Dit is hoekom ek ‘n editor het. Ongelukkig is die ‘n time sensitive subject gewees en kon ek nie wag vir die editing nie want die boodskap moes so gou as moontlik uit.

  7. Jarra says:

    Ek het al gewonder of mense wat met hierdie tipe kak opkom en dan die wereld vol versprei dit eerlikwaar glo, en of hulle troll, of miskien net fokken retarded is?

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Jarra: Ek reken in baie gevalle, soos die een hier bo, troll hulle net.

  9. RocketLou says:

    Nou nie my gunsteling orkes nie, maar jou punt is wel geldig

  1. January 24, 2014

    […] nou dat ons klaar gepraat het oor Lamb of God, kan ons aan beweeg na die Vrydag Bederf. Tot aan die einde van die week se Vrydag Bederf, dan kan […]

  2. May 15, 2015

    […] Lamb of God se nuwe album sal Julie 2015 beskikbaar wees onder die naam VII: Sturm Und Drang. Dit sal die sewende studio album wees van die Virginia metal reuse. Jy kan ook ‘n smakie van die nuwe album kry nou dadelik deur die song “Still Echoes” te luister op die site lambofgodvii.com. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *