Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Official: Lamb of God South Africa 2014

Dit is official. Na ons laasweek die nuus gebreek het, kan ons nou 100% confirm dat Lamb of God South Africa 2014 ‘n reality gaan maak vir metal fans hier. Daar gaan twee shows wees vir Lamb of God South Africa: Vrydag 24 Januarie 2014 in Kaapstad en Saterdag 25 Januarie 2014 in Johannesburg.

Lamb of God South Africa

Ek het julle gesê Lamb of God South Africa gaan gebeur

Nadat rumors al ontstaan het van Lamb of God South Africa in 2012 was baie van ons metal fans opgewonde. Dit was toe met groot teleurstelling dat die band hulle laaste deel van hulle toer moes kanseleer oor Randy Blythe se probleme in Prague. Gelukkig is daardie nou gesort en Lamb of God gaan Suid-Afrika op metal horings neem vir twee datums.

Lamb of God South Africa: Cape Town

Die Hillcrest Quarry is buite Durbanville op die M13 (Tygervally pad). Daar gaan veilige parkering wees minder as 1km weg van die venue, waar jy kan stop en dan loop na die gronde. Vir R5 sal jy ‘n shuttle service kan gebruik as jy nie kan loop nie of net nie wil loop nie.

Lamb of God South Africa: Johannesburg

Nasrec Hall 8 gaan Lamb of God huisves vir hulle optrede in Johannesburg. Nasrec is op die hoek van Rand Show en Nasrec road, reg oorkant “Soccer City”. Jy kan ‘n padkaart na Nasrec kry hier.

By albei shows sal daar bars wees, maar geen alkohol sal bedien word aan persone onder 18 nie. Bring dus jou ID. Daar sal ook kos stalletjies wees, sekuriteit, mediese mense en kick ass production. Geen onder 16’s sal toegelaat word by die shows nie en as jy onder 18 is sal jy vergesel moet word deur iemand wat 21 of ouer is. Hierdie is regte metal, nie ‘n plek vir kinders nie.

Mind Assault en The Drif is die opening acts vir die shows. Kaartjies is R450 vir general standing en R550 vir Golden Circle, waar jy my sal kry. Reg voor in die fokken mosh pit. Jy kan jou kaartjie deur Computicket koop. Jy kan Lamb of God volg op Twitter en sommer hulle Facebook page ook gaan like.

Vir meer info hou RAMtouring se Facebook page en website dop. Hier is die video vir Lamb of God se “Laid to Rest” net om jou in die mood te kry.

You may also like...

5 Responses

  1. July 25, 2013

    […] Lamb of God is oppad Suid-Afrika toe. Niks is nog confirm nie, maar Computicket het opgefok en die kat uit die sak gelaat op hulle website gister. 24 Januarie 2014 is die datum wat ons uiteindelik Lamb of God in Suid-Afrika sal sien. Ek weet nie van julle nie maar ek gaan heel voor in die mosh-pit wees vir die een. Lamb of God South Africa rumors loop al 'n rukkie rond, so die is 'n verligting. […]

  2. July 29, 2013

    […] rondom 02:15 is ook glad nie sleg nie. Ek dink die is 'n goeie een om Maandag mee te begin. Met Lamb of God wat oppad is Suid-Afrika toe is dit 'n goeie idee om jou metal spiere solank te begin […]

  3. September 19, 2013

    […] van die groot redes hoekom ek nie kan wag vir Lamb of God om hier in Suid-Afrika te kom optree nie is oor Chris Adler, hulle drummer. In my opinie is Chris Adler die most beste […]

  4. October 23, 2013

    […] is 'n song wat oorspronklik verskyn het op Lamb of God se 2003 As the Palaces Burn album. Vir die album se 10 jaar anniversary het Lamb of God besluit om […]

  5. December 27, 2013

    […] geld gepsaar en aangekondig dat hulle Suid-Afrika toe kom. Vir al die info oor hulle shows loer hier. As jy nog nie besluit het of jy wil gaan nie, kyk gerus die video vir "Ruin" hier onder en dan kry […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *