Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die Antwoord sê “fok Interscope”

Dié van julle wat wakker is, sou gister die video van Die Antwoord se nuwe single “Fok Julle Naaiers” gesien het. Vir dié van julle wat nie gesien het nie, hier is die video.

Daarsy. Nou het jy sommer vir die eerste keer die regte DJ HI-TEK ook gesien rap.  “It features the first rap verse by the real DJ HI-TEK, our gay deejay, who haz just bust out da closet wif a muddafuckn vengeance!” vertel Yolandi. Daar is ook ‘n Suid-Afrikaanse selfoonnommer op die muur in die video, en ek het die nommer gister gebel. Ene Chris het geantwoord. Iets sê my Die Antwoord like nie vir Chris nie.

Update: Ek het gister die nommer wat op die muur is gebel. Chris het geantwoord en toe chat ek bietjie met hom. Blykbaar het jy ‘n review vir die Mail & Guardian geskryf oor Die Antwoord so nou trek hulle bietjie sy been deur sy nommer aan almal te versprei.

Blykbaar was Interscope nie te happy met die nuwe album van Die Antwoord nie. Ten$ion is due vir release in Januarie volgende jaar. Na Interscope die nuwe album gehoor het, was hulle nie beïndruk nie en het hulle vir Yolandi en Ninja gevra om die album meer mainstream te maak, m.a.w. Ten$ion te rework vir meer van ‘n pop appeal. Die Antwoord se simple reply was: “Fok julle, naaiers”. Die Antwoord het toe hulle legal team gekry om die zef rap rave groep se bande so gou moontlik met Intescope te knip.

Ten$iongaan nou uitgegee word onder die vaandel van die splinternuwe record lable ZEF RECORDZ, Die Antwoord se record lable. Jy sal die album kan download of op flash drive koop “because CDs are like motherfucking VHS,” volgens Ninja.

Dit maak my hart bly as artists nie net vooroor buig om in die hol genaai te word deur record labels nie. En ek dink dat Die Antwoord ‘n high-five kort. Duidelik is hierdie video vir al die mense wat gesê het Die Antwoord is ‘n flash in the pan (ek kyk na jou, Koos Kombuis) en sommer ook vir Interscope records.

You may also like...

2 Responses

  1. Ant says:

    Pooh’s cool!

  1. January 18, 2012

    […] en as jy maklik offended raak moet eerder nie na dit gaan luister nie. Jy kan ook die video vir "Fok Julle Naaiers" check as jy dit gemis het. Jy kan "I Thin U Freaky" hier luister. Enjoy en smelt […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *