Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Grand Theft Auto V Resensie

Los Santos, die stad waar drome gaan om te vrek. En as jy gelukkig genoeg is om in een van die karakters waarmee ek speel in Grand Theft Auto V vas te loop is die kanse goed dat jy ook gaan vrek, nie net jou drome nie. Ja die geweld, diefstal, sexism, prostitusie en vuil taal is alles terug vir GTA V en dit is op ‘n groter skaal as ooit van te vore. Ek praat nie eers van net ‘n groter skaal in terme van die map nie, ek praat van alles in GTA V.

Vir my is die feit dat GTA die spot dryf met alles en almal ‘n groot deel van die aanloklikheid van die games en dit is die keer glad nie anders nie. Wit, swart, pienk, vrou, man, homosexuals, transexuals, Facebook en nog vele meer loop alles deur en word almal mee gespot. Soos met elke GTA game is daar ‘n spul gegrens oor al die temas wat geraak word. Die hardste gehuil wat ek nog gehoor het kom van die feminism kant, maar ek sal in ‘n ander stuk in meer detail daarin gaan. Ek haat feminste.

Grat Theft Auto 5

Die most notable change toe ek GTA V begin speel het is hoeveel beter die visuals lyk. Die game voel ook aansienlik gladder as wat GTA IV het. Die dae van alles wat om jou begin blur as jy baie vinnig begin ry met ‘n kar is verby. Jy kan nou in die kar van jou keuse so vinnig jaag as wat jy wil en alles bly mooi in fokus. Dit is nou tot jy inevitably in ‘n muur, boom of ander kar vas jaag vir ‘n spectacular ongeluk. As jy vinnig genoeg gery het kan jou kar moontlik net dadelik ontplof van jou ongeluk (regte Hollywood action movie style) of jy kan deur die windscreen vlieg en jou health bar korter maak. In meeste gevalle kom jy redelik ongeskend van die ongeluk af, dieselfde kan nie gese word van ander bestuurders in die game nie.

Menigte male het ek al in ‘n ander kar vas gejaag (nie eers altyd so vinnig nie) en dan hoor jy die eentonige getoet van die kar se toeter soos die bestuurder se dooie gesig op die stuurwiel gaan lê. Gelukkig is jy bietjie harder as meeste van die ander mense in Los Santos. Jy is ook nie so hard nie though. Jy gaan beslis makliker dood van baie minder geweerskote (of enige ander vorm van fisiese skade) in GTA V as wat jy in vorige games het. Nie dat dit ‘n slegte ding is nie, dit maak net dat jy jou gun battles beter kies.

Die nuwe weapon switching mechanic wat GTA V kry van Red Dead Redemption (nog ‘n great Rockstar game) af werk ook soos ‘n bom. Nou hoef jy nie meer deur jou hele reeks van wapens te switch tot jy kom by die RPG nie. Dinge gebeur ook in slow-mo as jy die weapon selection screen oop maak en dit sorg dat jy daardie RPG kan gekies kry voor daardie pesky ou in die polisie helikopter jou vrek skiet. Jy speel ook met 3 verskillende karakters in GTA V. Michael, die heist genius van toeka se tyd. Franklin, die homeboy gangster wat meer die term “motherfucker” uiter as wat ek gedink het moontlik is. Trevor, die vuil, ongepoetste psychopath waarvoor almal bang is. Om tussen die 3 karakters te verander is ook maklik genoeg en dit is ‘n game mechanic wat weereens vir ons wys hoekom Rockstar leiers is in hulle veld.

Daar is nie ‘n tekort aan lekker karre in Los Santos nie. Daar is baie vinnige karre om van te kies en daar is baie mense wat die vinnige karre ry wat jy kan hijack. Die karre se handling is ook baie beter as wat dit was in die vorige GTA. Dit voel nie meer of jy ‘n skoendoos met jelly-ringe vir wiele probeer ry nie. Franklin het ‘n special ability wat help met bestuur; dink bullet time vir karre wat veroorsaak dat jy ‘n draai op ‘n ongelooflike spoed kan vat. Elke karakter het ‘n ander special ability. Michael en Trevor se abilities is meer vir gebruik tydens guns battles. Jy kan karre laat customize ook. Gooi ‘n lekker turbo op, tinted vensters, nuwe sports-remme, dropped suspension, zef mags en jy sal voel of jy in Centurion is.

Grand Theft Auto 5

Die police evasion mechanic het ook verander en dit is aansienlik beter en meer realisties as wat dit was. Basies moet jy uit die polisie se line of sight kom en uit hulle line of site bly voordat hulle korttermyn geheu hulle in die steek laat en hulle vergeet van jou. Lyk my al die polisie in Los Santos rook zol. Hoe jy uit die polisie se line of sight bly is jou saak. Jy kan agter ‘n dumpster gaan wegkruip, jy kan net aanhou rond jaag in ‘n kar in die teenoorgestelde rigting as die aankomende polisie of jy kan in die see onder water bly en kyk of hulle van jou vergeet voor jy moet opgaan om asem te haal. O ja, jy kan swem, onder water. Daar is al sover een mission gewees waar ek scuba gear gehad het en die onder water wereld is ook baie indrukwekkend.

Elke karakter het ‘n sekere skill set. Franklin is byvoorbeeld ‘n baie goeie bestuurder, maar hy skiet soos ‘n regte gangsta, sonder om te mik. Jy kan jou skills improve deur ‘n menigte van aktiwiteite te doen in Los Santos. Franklin sal byvoorbeeld baie baat by so bietjie tyd in ‘n shooting range by Ammu-Nation. Daar is baie radio stasies in Grand Theft Auto V. Iets vir almal; gangster rap, rock, pop, talk radio of honkey tonk as jy van die redneck variasie is. Daar is ‘n hele paar bekende songs te hoor. Sover het ek al Rihanna en wat ek dink Beyonce is gehoor. Dank Darth Vader jy kan soos altyd die radio stasie verander.

Grand theft Auto 5 gta v

Soos met elke Grand Theft Auto is die hoof doel eintlik om geld te maak. In GTA V kan jy dit doen met mission, die aandelemark, besighede koop of jy kan soos ek net rond loop en mense op straat in die gesig skiet sodat jy hulle geld kan vat. Grand Theft Auto V het ‘n ouderdoms beperking van 18 vir ‘n rede. Die eerste keer as jy vir Trevor ontmoet dan is sy broek om sy enkels en hy is besig om ‘n girl te saag in sy kombuis. Die taal gebruik laat my ook baie tuis voel, maar dit is net oor ek te veel vloek.

As chaos is wat jy soek dan gee Grand Theft Auto jou meer as genoeg kans om chaos te laat gebeur net soos jy wil. GTA V is defnitief vir my die beste Grand Theft Auto wat daar al was en ek is nou eers op 36% en het nou seker al so 35 ure in totaal gespeel. Ek is nog nie baie ver in die storie in nie, maar dit is net oor my aandag baie maklik afgetrek word. Daar is altyd ‘n nuwe manier om ‘n hoer te vermoor. As jy geld het en al ‘n fan was van enige GTA game stel ek voor jy kry vir jou Grand Theft Auto V, dit stel glad nie teleur nie. My social life het oor die laaste week ‘n lekker knock gevat en ek dink dat vir die komende weke gaan my social life aanhou suffer.

Ek gee met ‘n groot en somewhat twisted smile vir Grand Theft Auto V 5 uit 5 g’s op die g skaal.

Jy kan Grand Theft Auto V vir Playstation 3 hier koop en vir Xbox 360 hier. Dan word hy free of charge by jou voordeur afgelewer en in die proses ondersteun jy gevaaalik.com ook.

You may also like...

10 Responses

  1. Russiese Wolscooter says:

    Great resensie, Stix. My gat jeuk om die game te gaan kry, maar my “onlangs swanger” vrou gaan dalk nie die tekort aan aandag & laat nagte baie waardeer nie.
    & fokkit, daai is die kreatiefste manier van “variasie” spel wat ek al ooit gesien het. Respect.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Russiese Wolscooter: Jou vrou sal oorleef. As sy nie kan nie, kry vir jou ‘n nuwe een nou en vermy toekomstige kak. As for die spelling van variasie, fixed it. Jammer, dit was baie laat toe ek die review geskryf het.

  3. RocketLou says:

    Nou nie die beste review wat ek al gelees het nie ;p. Een ding is seker jy het ons almal beslis lus gemaak om die game te speel. Ek sal wag tot desember wanneer ek 3 weke verlof by die see het, J Bay nogal YEAH Motherfuckers!

    Stem wel saam dat hulle lankal al die een moes vrygestel het, dink jy dis die moeite werd om in nuwe PS4 te bele? klink my ‘n mens het wifi nodig?

  4. pisgesig says:

    Klink vir my asof hulle dieselfde resep(wat obviously werk) gehou het, net meer\fancier ingredients gebruik – gr8 (wens dit was die geval met Diablo3).

    Is Maurice Chavez nog op die radio? Ek hoop so. Die radio stasies is vir my ‘n groot deel van die game.

    Ek is ‘n PC ou, so ek sal ook moet wag tot desember, om ‘n nuwe gfx kaart te koop sodat ek die game ordentlik kan speel. Kannie waggie

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Maurice Chavez is inderdad op die radio in GTA V ook en soos altyd is Lazlow ook in die game. Dit is inderdaad die resep wat werk, maar die keer het hulle ‘n hele paar nuwe ingriedients by gegooi.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @RocketLou: In my opinie is dit nooit die moeite werd om die eerste version van ‘n nuwe console te koop nie. Ek sal maar bly by Xbox 360 tot die 2.0 version van die Xbox One uitkom. Selfde geld vir die Playstation 4, wag eerder tot hulle die cheaper en gewoonlik kleiner weergawe uitbring.

  7. RocketLou says:

    Thanks vir die raad!

  8. RocketLou says:

    Dankie vir die raad!

  1. October 8, 2013

    […] in jou browser. Die nuwe police evasion mechanic in GTA V is great, ek praat so bietjie daaroor in my review van GTA V. Dit nuwe mechanic sorg vir great car chases en  crazy oomblikke. Jy kan deur so paar rand te […]

  2. August 27, 2014

    […] en jou ballas krap soveel as wat jy wil terwyl jy Cheese Curls vreet. 'n Plek waar jy kan GTA V speel tot dit by jou ore uit kom soder dat jou meisie of vrou gaan kla oor sy besig is om haar […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *