Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Grand Theft Auto V: Awesome crashes, deaths en car chases

As jy nie Grand Theft Auto V speel nie is jy nou al tien teen een gatvol om daarvan te lees of hoor. Jammer om van jou kak te hoor, want die game is awesome! As jy dus nie oor dit wil lees, hoor of videos kyk nie, close nou die tab in jou browser. Die nuwe police evasion mechanic in GTA V is great, ek praat so bietjie daaroor in my review van GTA V. Dit nuwe mechanic sorg vir great car chases en  crazy oomblikke. Jy kan deur so paar rand te spandeur jou kar uit-kit om hom reg te maak om die polisie-pouste aan te vat. Maak jou kar vinniger, gee hom bietjie armour, bullet proof tyres en jy is al klaar ‘n stappie voor. Ek het sommer my kar hier onder ook laat lyk asof jy hom reguit uit Centurion uit gery het. Fokken zef to the max.

Grand Theft Auto zef cars

Nee, nie uit Pretoria Wes nie. Die kar het geld gekos om zef te maak, duidelik uit Centurion uit.

Die eerste video is net ‘n klomp funny of cool moments uit GTA V. Daar is ‘n paar baie snaakse oomblikke in die video, soos by 02:36 rond.

Die tweede video is van ‘n ou met ‘n suped-up Bugatti Veyron (of die soortgelyk ding in GTA V), nogal gechrome ook. Ek love hoe die ou sticky bombs by die venster uit gooi soos hy rond jaag. Daan is ‘n hele paar close escapes en mal omblikke in die video. Kyk uit aan die einde vir die smooth spring-uit-bewegende-kar-en-maak-valskerm-oop James Bond oomblik. As jy nou nog nie GTAV het nie, kan jy die Playstation 3 weergawe hier kry en Xbox 360 weergawe hier. Dit is elke cent werd.

Dan het ons laastens hierdie cool time laps video uit Grand Theft Auto V, net om jou ‘n idee te gee van hoe goed die game lyk.

You may also like...

1 Response

  1. October 15, 2013

    […] hulle tee kom net sodat hulle iets het om oor te teem. Soos as jy 'n feminis is wat kla daaroor dat Grand Theft Auto V net mans in het as die lead karakters, dan is jy een van daardie feminsite wat nie aan piel moet […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *