Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Queens of the Stone Age – …Like Clockwork Review

Elke keer as Queens of the Stone Age ‘n album uitbring is dit vir my ‘n big deal. Elke Queens of the Stone Age album is op ‘n manier dieselfde maar tog is elke een anders. Jy sal altyd agterkom dat dit ‘n Queens of the Stone Age song is wat jy luister. Soos altyd is daar ‘n oorvloed van verskillende style en influences, juis omdat daar so baie met ander musikante saam gewerk word aan Queens of the Stone Age albums. Tog is alles nogsteeds duidelik Queens of the Stone Age. …Like Clockwork is presies dit.

Queens of the Stone Age ...Like Clockwork

Op ‘n stadium sing Josh Homme baie trots “I blow my load over the status quo” en soos met elke Queens of the Stone Age album gaan daar nou talle potensiale QOTSA kinders dood op die gesig van die status quo. Soos elke Queens album voor …Like Clockwork is daar ‘n groot versameling gas musikante gewees om Josh Homme te help om sy konstante musikale eksperimentasie te bevredig. Dave Grohl (dromme), Brody Dalle (vocals), Trent Reznor (vocals, kick en snare), Elton John (klavier, vocals) is net van die mense wat deel was van …Like Clockwork.

…Like Clockwork begin met die haunting ritme van “Keep Your Eyes Peeled” en dit is ‘n undertone wat jy maar aan gewoond kan raak, want dit strek deur die hele album. Daar is ‘n stadige, maar konstante build up deur die verloop van “Keep Your Eyes Peeled”. Dit is ‘n goeie reintroduction tot die riff heavy Queens musiek. “I Sat by the Ocean” het bietjie meer van ‘n skop en Dave Grohl se drums is ongelooflik vanaf die eerste drum line. Dit is hier waar ons weer van Josh Homme se vreemde, maar tog awesome, lirieke hoor. “I sat by the ocean, and drank a potion baby, to erase you” gevolg deur die kenmerkende guitar howl van die song.

Daar is baie meer ballads op die album as wat mens verwag van ‘n Queens album, tog pla hulle nie. Al begin meeste rustig, word dit meeste harder soos dit aangaan. Die lirieke van die album gaan oor alles van geloof, liefde, haat, geduld, onvoorsiende onstandighede en nog baie ander goed wat ek seker is vir elke persoon wat …Like Clockwork luister anders sal wees. En in tipiese Queens of the Stone Age styl word al die onderwerpe met ‘n slightly twisted angle approach, gedwing deur Josh Homme se brein. “Who are you to me? Who Am I supposed to be?”

“If I had a Tail” het ‘n ongelooflike groove wat jou in sleep en vir dae nog in jou kop gaan vas sit. “Kalopsia” is die track wat Trent Reznor deel van was en al begin dit soos ‘n ballad draai dit in ‘n regte Queens of the Stone Age hard rock orgie in.

As jy ‘n fan van Queens of the Stone Age is het jy tien teen een al klaar die album. Hoe sal ek …Like Clockwork beskryf aan mense in een sin? ‘n Regte Queens of the Stone Age album maar soos jy nog nooit Queens of the Stone Age gehoor het nie. Ek love hierdie album en al is dit nie Songs for the Deaf nie, is dit nogsteeds ‘n album wat jy nie kan bekostig om nie deel te maak van jou versameling nie.

Ek gee …Like Clockwork 4.5 g’s op die g-scale. Jy kan …Like Clockwork nou koop hier vir R99.99 en dan word hy binne 24 uur by jou afgelewer as jy voor 12:00 bestel.

4.5 g's

You may also like...

1 Response

  1. December 10, 2013

    […] van my favourites vir 'n rede. Hulle het nog nooit 'n kak album gemaak nie. Alle van Rated R tot by …Like Clockwork is almal great albums. As jy vir jou so paar Queens of the Stone Age albums wil kry gaan loer hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *