Die $107 man cave
Elke ou kort ‘n man cave. ‘n Plek waar jy kan sit in jou onderbroek en jou ballas krap soveel as wat jy wil terwyl jy Cheese Curls vreet. ‘n Plek waar jy kan GTA V speel tot dit by jou ore uit kom soder dat jou meisie of vrou gaan kla oor sy besig is om haar sepies te mis. ‘n Plek waar jy en jou buddies kan poker speel en rook soveel as wat julle wil, en jy nie hoef bekommerd te wees oor die plek na rook gaan ruik nie, want dit is alles deel van die man cave aesthetic.
‘n Man cave kan ‘n duur storie raak, maar die bra het sy man cave gebou vir net net oor R1100. Kry bietjie inspirasie en dan kan jy sommer die naweek begin plan maak vir jou eie man cave.
Hoe die vrtrek gelyk het voor dat dit ‘n man cave geword het.
Ou shipping crates se hout word gebruik vir die vloerplanke en die hout op die mure van die man cave
Met so bietjie kreatiwiteit en elbow grease word elke plank verander in ‘n plank wat gesny is met die hand.
Die mure van die man cave begin verskyn.
‘n Gekoopde stuk hout word verander in ‘n ceiling beam wat baie ouer lyk as wat hy werklik is.
Klippe wat die bra opgetel het langs die pad, ‘n jaar voor die projek begin het, word nou gebruik vir die vals-kaggel.
‘n Tafel wat gemaak is uit hout wat ander mense nie meer wou gehad het nie. Die tafel se blad steek ‘n stoorplek weg vir jou bong, Playboys, sigarette of enige ander rook goed wat jy dalk nie wil hê jou kinders en vrou moet kry nie.
Dieselfde planke as wat op die mure gebruik word, word ook gebruik vir die vloerplanke. Die vloerplanke is net dunner gesny.
Maak die man cave vol van al die goed wat jou vrou lankal wou weg moer, en jou man cave is klaar.
Die vals-venster help om jou te laat vergeet dat jy nie in die bos is nie.
Die vals kaggel het selfs brand merke op die vloer voor die kaggel. Vir meer foto’s van die porjek gaan loer gerus hier.