Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Muse – The 2nd Law review

Ek is nie ‘n moerse Muse fan nie. Dit is nie dat ek dink hulle suig nie. Inteendeel dink ek dat hulle ongelooflike goeie musicians is. My dislike vir Muse is omdat ek glad nie hou daarvan dat jy vir Matthew Bellamy kan hoor asem haal tussen sy gesing deur nie. Dit is al. Dit is dalk iets klein maar dit dryf my van my kop af.

Dus sal julle seker nie verbaas wees om te hoor dat ek nie regtig opgewonde was oor The 2nd Law nie. Ek het gedink dat die nuwe album deur Muse weer een van die Muse albums gaan wees wat eintlik awesome is, maar ek sal nie kan luister daarna nie oor Matthew nie kan weg beweeg van die mic af as hy in asem nie. Dit is toe nou nie die geval nie.

The 2nd Law is in tiepiese Muse style vol twists en turns. Elke song op die album klink anders. “Supremacy” voel asof dit geskryf is as ‘n James Bond title track. “Madness” (video hier onder) het my dadelik laat dink aan Queen, die quitar solo se klank het ‘n lekker Brian May feel daaraan. En deur al hierdie songs wat uniek en anders is het Muse nou ‘n underlying electro klank ook.

“Panic Station” begin met ‘n great bass riff wat my laat dink het aan Duran Duran of ‘n George Micheal song, maar nie naastenby so gay nie. Dit is ‘n lekker upbeat song en change die pace van die album bietjie en ons is nou eers op song nommer drie. “Follow Me” is een van die vreemdste en coolste songs wat ek al gehoor het. Dit is vreemd want dit begin soos ‘n snit uit die Lord of The Rings score met so bietjie Enya in die mix en dan na die 01:41 merk is daar actually ‘n drop en dan het “Follow Me” ‘n baie dubstep feel.

Een ding wat The 2nd Law nooit gaan doen nie is jou verveel. Elke track op die album is ‘n adventure op sy eie. Matthew Bellamy sukkel soms nogsteeds met sy asemhaling naby die mic, maar vir een of ander rede is dit vir my die keer verdraagsaam. Die is die eerste Muse album vanaf Black Holes and Revelations wat ek die album drie keer van voor tot agter deur geluister het.

Die laaste twee songs op die album “The 2nd Law: Unsustainable” en “The 2nd Law: Isolated System” is epic. Daar is nie ‘n beter woord om die twee songs te beskryf nie. Ek kry die gevoel dat die lede van Muse ook nie baie gelukkig is met die manier hoe dinge deesdae in die wêreld gedoen word nie. “Unsustainable” veral voel asof dit ‘n great backing track sal maak vir ‘n “The End of Days” fliek trailer.

As jy ‘n Muse fan is gaan die album vir ‘n lang tyd al wees waarna jy luister. En dit is 100% hoe dit moet wees. Muse het weereens hulself bewys as een van musikaal most brilliant bands van ons tyd. As jy nie ‘n Muse fan is nie gaan ek jou nie oortuig om die album te kry nie, dit sal wel nie ‘n slegte plek wees om te begin as jy Muse wil leerken nie.

Ek gee die meesterstuk van Muse 4.5 g’s op die g-skaal. As dit net nie was vir die asemhalings probleempie nie sou dit seker 5 g’s gewees het.

You may also like...

2 Responses

  1. October 5, 2012

    […] het gister laat middag my review van Muse se nuwe album, The 2nd Law, gepost. As jy dit nog nie gelees gaan check dit gerus uit. Die Muse album is 'n lekker een om na […]

  2. October 18, 2012

    […] gooi dubstep in hulle musiek deesdae. Van Muse, tot, Korn en ook Cypress Hill. Hierdie is Cypress Hill se nuutste song saam met Rusko, "Can't Keep […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *