Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Wêreldspektrum – Europa Island, soos belowe

Soos in laaskeer se gevaaalik.com Wêreldspektrum genoem, doen ek hierdie keer Europa Island, ook bekend as Juan de Nova Island.  Dis is actually ‘n land, ja.  Dit is ‘n entjie van Bassas da India af, en deel ook dieselfde vlag.  Dit is ook in die warm water van die Mosambiek-kanaal tussen Madagaskar en Mosambiek.  Dit is ook Frankryk se eiendom vir een of ander rede.  Fokken Frenchies darem – asof hulle so ‘n cool plek sal benut.

Net gou ‘n bietjie algemene inligting rondom hierdie post wat laaskeer s’n (oor Bassas da India) sal aanvul.  Europa Island en Bassas da India is tegnies nie eilande nie, maar “atolls”.  Wat is ‘n atoll?  Ek is te lui om te vertaal van Wikipedia af, so ek paste maar:  “a ring-shaped coral reef including a coral rim that encircles a lagoon partially or completely.”  Die naam is dus verkeerd in die eerste plek, siende dat dit eintlik dan moet “Europa Atoll” wees.  Maar kom ons los die tegniese issues vir die Franse.

Europa Island lyk so:

Europa Island

Europa Island

 

Aangesien die atoll omring is deur koraalriwwe, neem ek maar aan die scuba duik sal nie te sleg wees nie.  En aangesien daar nie veel toeriste kom nie, sal ek ook aanneem dat geen vet Duitsers die rif kan opfok met hulle lomp lywe nie, dus behoort hierdie ook een van die beste duik spots ter wêreld te wees!  Nie ‘n slegte opsie om dan hierheen te gaan en ‘n dagtrippie te maak Bassas da India toe nie.

Hierdie atoll is anders as Bassas da India siende dat dit 24/7 droeë grond het om op te staan.  Daar is geen permanente inwoners nie, maar daar is ‘n klein lughawe.  Hulle reken dit is ‘n natural refuge vir Green Turtles, sekere spesies vlêrmuise en allerande ander diertjies.  Ek is mal oor sulke plekke waar daar min mense kom, dit wys mens hoe ongelooflik ‘n eiland (selfs ‘n kleintjie soos hierdie, teen slegs 40 vierkante km) is om op sy eie te kan funksioneer met sy beperkde hulpbronne.

Glo is daar hewige Economic Zoning wat in plek is op Europa Island.  Dit verhoed enigiemand om enige natuurlike hulpbronne vanaf die eiland te verwyder.  Wel gedaan Madagascar!

Hier is ‘n video om vir jou te wys dat hierdie plek is absolute paradys is!  Enjoy die kantoor ou grote.

You may also like...

5 Responses

  1. Pierre says:

    Awesome plek.. Net dat juan de Nova Island ietwat noord is van Europa Island – en nie dieselfde plek is nie.

    Europa Island – 22°22’23.10″S, 40°21’46.59″E
    Juan De Nova Island – 17° 2’46.29″S, 42°43’18.75″E

    Andersins…epic epic stuk oor awesome plekke!

  2. Scuba Steve says:

    Thanks @Pierre. Nou voel ek moerse stupid, ek weet nie hoe ek daaraan gekom het dat dit dieselfde plek is nie. Jammer daaroor, ek het seker verkeerdelik raakgelees dat party mense (soos ek) DINK dis dieselfde eiland. Ek sal in die vervolg beter navors.

  3. Scuba Steve says:

    @Pierre in fact dink ek die volgende post gaan wees oor Juan de Nova. Dan cover ons die gedeelte tussen Madagascar en Mozam…

  4. Pierre says:

    @scuba Steve – epic dude.. lol 🙂

  1. October 7, 2014

    […] Leser genaamd Pierre het my deur middel van 'n comment op laasweek se gevaaalik.com Wêreldspektrum oor Europa Island laat weet dat ek 'n fout begaan het.  Ek het genoem dat Europa Island ook […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *