Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Discovery Channel se nuwe naam “Made-up Bullshit for Ratings Channel”

Ek sit die naweek en kyk TV, Animal Planet nogals, en ek sien ‘n voorskou vir ‘n nuwe program met die naam “Megalodon: The new evidence” wat binnekort op Discovery gaan begin.  Indien jy nie seker is wat ‘n Megalodon is/was nie, of as jy dink dat dit een van daai buiteruimtelike goed van Transformers is, hier is ‘n foto en beskrywing:

Megalodon size

Die Megalodon (Carcharodon Megalodon) was rofweg 20m lank en het ongeveer 48 ton geweeg

Ou langs tanne

‘n Swak kwaliteit foto van ‘n bra met ‘n three quarter broek en ‘n kief fhumbs up langs ‘n Megalodon se kaak. Gevaaalik pappie.

Mens kan ongelukkig nie ‘n actual foto van ‘n Megalodon opspoor nie, want die kamera is so 2 Miljoen jaar laat ontwerp.  Daar is wel regte foto’s van die tande wat hulle al gekry het, wat bevestig dat die monsterhaai wel bestaan het.  En fokken groot en scary moes wees!

Terug na Discovery se fake bullshit.  Ek wil toe op die Internet lees waaroor hierdie kammakastige “new evidence” gaan, en kom toe op ‘n site af wat beweer dat Discovery Channel baie van hulle “feite” opmaak om ‘n groter gehoor te trek.  Dit behoort nie regtig ‘n groot verrassing te wees nie, aangesien hulle ook Animal Planet en History Channel besit.  En ek het al ‘n series genaamd Finding Bigfoot gesien op History Channel.  In die series loop hulle basies rond saam met ‘n ou genaamd Bobo wie obviously deur ‘n Bigfoot aan die voete opgetel is en gebruik is as ‘n byl op ‘n stadium.  Sy werk is om te gil soos wat hy dink ‘n Sasquatch sou klink.  Fokken asemrowend.  Hulle besoek verskeie woude in Amerika en soek ‘n Bigfoot of Sasquatch en kry fokken nooit iets nie.  Daai vet breindood Bobo dink natuurlik dat elke takkie wat op die grond lê ‘n obvious teken van ‘n Bigfoot is.  Elke stukkie Beerkak ook.  “That’s obviously a Squatch dude.”

Bobo meme

Dis Bobo, wie se werk dit is om die Bigfoot geluide te maak en om te beweer dat alles gebeur a.g.v. Bigfoot.

As jy nie geweet het nie, ‘n Bigfoot of Sasquatch is soortgelyk aan die Loch Ness Monster van Skotland, behalwe hy hardloop rond en soek kak met mense en spring oor heinings en so aan.  Dis wat Bigfoots doen.  O ja, en hulle lyk soos furry mense wat lank is, en as jy hulle op kamera vang loop hulle soos ‘n mens wat dringend moet kak, soos gesien kan word uit hierdie evidence:

In die reeks “Megalodon: The new evidence” maak Discovery Channel verskeie bewerings.  Hulle beweer dat daar ‘n aanval in Suid-Afrika was waar daar 5 mense dood is.  Hulle wys opgemaakte nuus clips vanaf die bekende Suid-Afrikaanse nuuskanaal, 3 News.  Jy ken mos 3 News, o nee wag, dit bestaan nie eers nie.

Hulle het ook hierdie “World-renowned” marine bioloog wat sy opinie op alles lewer, en die fiksionele bewerings aanhits sodat dit lyk asof dit moontlik is dat ‘n 20m, 48 ton haai nog bestaan.  Hierdie “Collin Drake” is toe op die ou end ‘n Suid-Afrikaanse akteur, Darron Meyer wat gespeel het in Free Willy 2.

Toe Discovery gekonfronteer is oor die leuens, het Michael Sorensen (producer van “Shark Week”) gesê:   “The stories have been out there for years and with 95% of the ocean unexplored, who really knows?”  Which is fair enough, maar dink bietjie daaraan:  Hoekom die fok sal ‘n 20m, 48 ton haai wegkruip vir enigiets?  Duisende mense sou al soos ‘n buffet van bote af getand gewees het man, moenie my vir ‘n pous vat nie.

Wat my die meeste afpis is dat Discovery Channel en sy affiliates vir baie mense ‘n bybel is met betrekking tot die natuurlike, wetenskaplike en historiese wêreld.  Hulle dra boonop hulself asof dit die waarheid is!  Meanwhile gee hulle net om oor ratings, en mislei ‘n moerse klomp mense.  Dis skokkend en hulle behoort skaam te wees.  Kanaal 121 kyk ek nie weer vir ‘n fok nie.

Mooi Discovery!  Ek is sommer lus en kanselleer my mediesefonds.  Hulle beweer ek sal in ‘n noodgeval gehelp word deur die beste dokters, maar netnou is daar ook fine print wat jou inlig dat hulle eintlik net ‘n klomp kak opmaak sodat jy van hulle dienste kan gebruikmaak.

Lees die artikel van Business Insider India hier.

You may also like...

10 Responses

  1. rot says:

    100% toe daai kak op dstv was het ek so gesukkel om my laaitjie en sy tjommies to oortuig dis n potkak . thanks

  2. ppip says:

    Ek het daai kak gesien. “Science”.

    Was net ‘n verskoning vir Britse douchebags om chum in die water te kom gooi in die Kaap.

    Op ons rekening.

  3. RocketLou says:

    Amen, net soos jy nie alles kan glo op die internet nie so kan jy ook nie alles glo op teevee nie. Ons moet maar voortaan weer die wereldspektrum lees soos in die ou dae as ons skool take moes doen.

  4. Vetkop says:

    Joe Rogan Experience sorg vir goeoe materiaal sien ek

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Vetkop: Jy ken miskien nie vir Scuaba Steve nie (hy is die een wat op die nuus afgekom het), maar hy luister nie JRE nie. As jy die fokken artikel gelees het sal jy sien hoe hy op die storie afgekom het, want hy spel dit mooi vir jou uit.

  6. Legio says:

    Ma se aambei as daar werklik so n haai bestaan het het ek nooit in die see gegaan nie.

    Pot snot delux. Dukskawerie fake blykbaar ook van die reality shown. Onder andere die “gewilde” aution hunters plaas “waardevolle” goed in die containers net om gehore te lok.

  7. Scuba Steve says:

    @rot glad to be of service!
    @ppip ek stem, maar onthou net, as jy al ooit in Brittanje was sal jy weet watse boring plek dit is. Maar geskiedenis leer ons dat hulle agv die boredom maar na ander plekke gaan en daar rondfok vir hul eie gewin.
    @RocketLou true dat. Ons het nou ‘n weeklikse gevaaalik.com wêreldspektrum wat jy ook kan uitcheck. Ek belowe jou dis meer legit as Discovery.
    @ Vetkop Bra ek luister nie Joe Rogan Experience nie, ek weet Stix doen wel. Ek weet nie of jy dit luister en of hulle dit onlangs bespreek het nie, maar as hulle het is dit believable. Dis ‘n moerse storie op die oomblik – so ‘n huge kanaal lieg blatant vir die publiek en saai dit uit as die gospel. So ek sou nie verbaas wees as jy dit sommer op 10 ander websites sien nie! En moenie verbaas wees as jy dit raakhoor in die nuus nie. Dankie vir die support 😉

  8. Scuba Styfpiel says:

    Wat nog erger as hierdie blatante snert is, is die ander “realitietsprogramme” soos American Pickers, Storage Wars, alle koop-‘n-stuk-kak-voertuig-vir-fokkol-en-verkoop-dit-vir-‘n-poesgroot-wins-programme en al die stront pandjies-winkel storietjies wat op Discovery en History channels rol.

    Dink Discovery regtig dat ons nou gaan glo dat iemand in Amerika ‘n R10mil vintage Ferrari Testarossa collectable in ‘n kak storage unit gaan prysgee omdat hy nie sy R500 per maand huur kan bekostig nie?

    Maar wag… Dynamo red gelukkig Discovery se geloofwaardigheid…

  1. October 7, 2014

    […] Dus, as jy nog nie dink jou kinders is onnosel genoeg nie, kan jy hulle nou forseer om Pawn Stars South Africa te kyk, asook die fake documentary kanaal Discovery. […]

  2. August 17, 2015

    […] groot raai jy is die haai? Nie so groot soos wat Discovery die Megalodon laat lyk het in daardie TV program vol leuns nie, maar groot genoeg dat ek nie sal wil in die water wees waar daardie haai naby is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *