Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dubioza kolektiv – No Escape (from Balkan)

Wat kry jy as jy Borat, Die Antwoord en Rammstein kry om saam ‘n mutant baba te maak en dan los jy die mutant baba in ‘n orphanage in Eastern-Europe? Jy kry Dubioza kolektiv. Ek het Maandag aand toe ek op Pirate Bay se homepage land die video gesien, en die tune het dadelik my aandag geryp, want dit is fokken catchy.

Dubioza kolektiv - Balkan no Escape

No party like a Balkan party!

Ek weet nie veel van die Dubioza kolektiv nie, maar die kort en lank daarvan is dat hulle ‘n Bosnian band is wat allerhande musiek meng vir hulle unieke klank; Rock, reggae en dub onder andere. Die eindresultaat is pretty much presies soos ek dit daarbo beskryf het, behalwe dat hulle musiek actually cool is, die wat ek al gehoor het.

Definitief ‘n groot stap bo Gangnam Style. Die ouens is actually al redelik famous, net nie internasionaal so groot nie. Tog het hulle nuwe video al meer as 300 000 views gekry in 9 dae. Dubioza kolektiv het ook 75 000+ subscribers op YouTube. Glad nie sleg nie. Plus die een vocals ou het die mullet next level gevat. Hy rock a DreadHawk (Mohawk bo en dreadlocks agter): punk rocker in the front, stoner hippy in the back. Wie kan met dit stry?

You may also like...

2 Responses

  1. October 1, 2014

    […] Woensdag? Al klaar? Ek weet daar moet vandag 'n nuwe podcast verskyn, en hy sal later vandag op die site wees. Dinge gaan net soos gewoonlik mal aan die kant. Tot dan, check die zef van eastern Europe af. […]

  2. October 3, 2014

    […] Borta, Rammstein en Die Antwoord se mutant baba: Dubioza kolektiv […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *