Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

KakFunny Sessions vir Mei

Die maand tree een van my gunsteling Suid-Afrikaanse comedians op by Arcade Empire se KakFunny Sessions, John Vlismas. As jy al vir John Vlismas gesien het sal jy weet dat sy comedy defnitief nie is vir die mense onder ons wat maklik offended raak nie. John is in jou gesig en hy sê dit soos dit is. Dan gaan daar ook nog Robbie Collins, Celeste Ntuli en Tshepo Mogale wees om te sorg dat ons heel aand lag.

KakFunny Sessions John Vlismas

Die KakFunny Sessions by Arcade Empire het vinnig een van die hoogtepunte van my maand geword en elke maand is daar net meer en meer mense. Dit is lekker om bietjie comedy by Pretoria se voorste live music venue te sien en die feit dat dit net al hoe meer populêr word is bewyse dat die comedy scene in Pretoria besig is om te groei.

Kry jou gat dus by Arcade Empire op 30 Mei. Jy kan die Facebook event page gaan uit check vir meer info. As jy ons gaan join die maand, stel ek voor jy maak ‘n bespreek maar vir jou ‘n tafel. Hier is ‘n kort video van een van John Vlismas se bits.

You may also like...

1 Response

  1. May 20, 2013

    […] John Vlismas vier die jaar sy 40ste verjaarsdag en hy doen dit op die manier wat hy die meeste geniet: deur vuil te praat en mense te laat lag. '40' is Vlismas se nuutste one man preformance en dit gebeur die 14 en 15 Junie by die Lyric Theater. Oor 40 jaar oud word het hy die volgende te sê gehad: […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *