Afrikaans Stand-up Komedie by Parker’s Comedy
As julle dit nog nie agtergekom het nie, ek is ‘n fan van Afrikaans. Ek het ook onlangs my stand-up komedie vernuf begin oefen. Ek het dit al in Afrikaans en Engels gedoen. Natuurlik is ek baie meer gemaklik in Afrikaans. Ongelukkig is daar nie baie kans vir komediante om Afrikaans komedie te doen nie. Dus is dit baie goeie nuus dat Parker’s Comedy in Monte Casino nou ‘n Afrikaans komedie aand gaan hê.
Komende Maandag (dit is nou 8 Julie 2013) kan julle vir Hannes Brummer, Kobus Galloway, Francois van As en Schalk Bezuidenhout sien optree by Monte Casino in Johannesburg. Al vier ouens is fokken snaaks. Ons sal graag in die toekoms nog baie meer Afrikaans komedie aande wil sien by Parker’s Comedy, maar al hoe dit gaan gebeur is as julle die show kom kyk en die komediante ondersteun, sodat die mense van die club kan sien daar is ‘n mark daarvoor.
So bring jou R100 en ‘n paar pelle, dan kom help jy om die Afrikaans komedie scene bietjie te laat groei. My grappies gaan baie beter af as ek “poes” kan sê in plaas van “cunt”, maar ongelukkig kort ons ondersteuning sodat die venue’s ons meer kans sal gee om Afrikaans komedie te doen. Parker’s Comedy se deure maak 18:30 oop en die show begin 20:00.