Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Eagles of Death Metal – I Want You So Hard

Eagles of Death Metal se naam kan misleidend wees. Aangesien hulle nie ‘n Death Metal band is nie. Hulle is eintlik net ‘n rock band. Toe Josh Homme (van Queens of the Stone Age, Kyuss en Them Crooked Vultures fame) gevra is om Eagles of Death Metal se sound te beskryf, het hy die volgende te sê gehad:

“Bluegrass slide guitar mixed with stripper drum beats and Canned Heat vocals.”

Die band is in 1998 aanmekaar gesit deur Josh Homme en Jesse Hughes (Jesse Hughes is die vocalist). Homme is op die tromme, maar toer net saam met die band as hy tyd het. Na die sukses van Queens of the Stone Age het dit moeilik geraak vir Homme om in albei bands te speel. Maar hy sê wel dat Eagles of Death Metal nie vir hom ‘n side project is nie, hy is net in twee bands. Die band het nie juis vaste lede nie en gebruik klomp musical contributors wat meestal bestaan uit Hughes en Homme se musician vriende.

Hier is “I Want You So Hard” van die album Death by Sexy af. As jy ‘n fan is van Queens of the Stone Age of Kyuss is Eagles of Death Metal beslis ‘n band vir jou. In die video kan jy ook ‘n hele paar van die mense sien saam met wie Homme en Hughes op ‘n gereelde basis werk.


by Stix

You may also like...

2 Responses

  1. May 18, 2012

    […] nie vir jou sê hoeveel keer ek al na die album geluister het nie. As jy laas week gehou het van Eagles of Death Metal se "I Want You So Hard" is Queens of the Stone Age defnitief vir […]

  2. June 11, 2012

    […] of Death Metal speel die jaar by Oppikoppi! Omtrent 'n maand terug het ek vir julle die video van "I Want You So Hard" gewys en vir julle vertel hoe baie ek van Eagles of Death Metal hou. Dus kan julle dink dat ek […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *