Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Eagles of Death Metal by Oppikoppi Sweet/Thing

‘n Week of twee gelede het ek gaan hike weg van alle selfoonkommunikasie en internet en toe mis ek wat vanjaar seker Oppikoppi se grootste announcement is. Eagles of Death Metal speel hierdie jaar by Oppikoppi! Omtrent ‘n maand gelede het ek vir julle die video van “I Want You So Hard” gewys en vir julle vertel hoe baie ek van Eagles of Death Metal hou. Dus kan julle dink dat ek fokken bly is oor die nuus dat Eagles of Death Metal die jaar by Oppikoppi gaan speel. Ewe skielik gee ek nog minder om oor Bullet for My Valentine.

Nou hoop ek net dat Josh Homme saam met Eagles of Death Metal gaan kom. Om die nuus te vier het ek dit goed gedink om vir ons nog ‘n Eagles of Death Metal video te kry. Hier is “I Got a Feelin (Just Nineteen)”. Maak seker jy koop vir jou so ‘n paar albums van Eagles of Death Metal voor Oppikoppi. Ek stel Death By Sexy voor om mee te begin. My kar speel al van Saterdag af non-stop net Eagles of Death Metal.

As jy die Death By Sexy album wil koop click op die image hier onder. Dankie aan kalahari.com:


by Stix

You may also like...

2 Responses

  1. June 13, 2012

    […] te hou. Veral nou dat ek uitgevind het (al het ek dit twee weke na die res van julle uitgevind) dat Eagles of Death Metal by Oppikoppi speel die jaar. Daar kan verseker nie gekla word oor 'n lack van international optredes by die jaar […]

  2. June 14, 2012

    […] is een van my gusteling Seether tracks, "Gasoline". So nou is dit al Bullet for my Valentine, Eagles of Death Metal, Enter Shikari en Seether wat die vier groot aankondigings […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *