Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Teenage Time Killer – Dave Grohl se nuutste supergroup

Dave Ghrol Corey Taylor Supergroup

Hoe klink ‘n band met Dave Grohl (Foo Fighters, duh), Corey Taylor (Slipknot), Max Cavalera (Soulfly), Nick Oliveri (Kyuss, Queens of the Stone Age)? Klink pretty fucking cool vir my. Blykbaar gaan dit nou gebeur en Teenage Time Killer (Ek is seker baie teenagers gaan time kill op die musiek) is die naam van die nuutste supergroup projek waarby Dave Grohl betrokke is nie. Seker een van die voordele van ‘n ongoddelike cool studio in jou basement hê.

Ander lede wat gaan deel wees van Teenage Time Killer is Neil Fallon (Clutch), Keith Morris (Black Flag), Reed Mullin (Corrosion Of Conformity) en Jello Biafra (Dead Kennedys). Reed Mullin het die musiek beskryf as “hardcore punk, punk and metal”. Dit los dit op die stadium redelik oop dan vir hoe die musiek gaan klink. Een ding is verseker; dit gaan hard wees.

Ek is nuuskurig om te hoor hoe gaan dit klink. Any guesses?

You may also like...

1 Response

  1. April 23, 2015

    […] Teenage Time Killers is ‘n supergroup wat bestaan uit ongelooflike musicians.  Dave Grohl en Pat Smear van Foo Fighters, Nick Oliveri van Kyuss en Queens of the Stone Age, Matt Skiba van Alkaline Trio/Blink-182, Corey Taylor van Slipknot en Stone Sour, Jello Biafra van The Dead Kennedys, Randy Blythe van Lamb of God, Tommy Victor van Prong en Danzig, Lee Ving van Fear, Mike “IX” Williams van Eyehategod, Mullin se Corrosion of Conformity band mates Mike Dean en Woody Weatherman, en Karl Agell neem almal deel, saam met ‘n hele spul ander. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *