Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rocksmith – Guitar Hero vir mans

Guitar Hero was vir lank die in ding. Dit het baie mense laat voel soos rockstars met plastiese guitars. Maar dit het nie vir baie lank ‘n challenge gebly nie. As die vierjarige laaitie van jou bure kon uitfigure hoe om vyf knoppies op die ritme van musiek te druk, kon jy dit ook doen. As jy nie kon nie, gaan nou dokter toe en sê vir hom: “Ek moet nooit kan voortplant nie! Dit sal beter wees vir die wêreld.”

Rocksmith is die nuwe Guitar Hero. Vir mans. Eintlik vir almal, maar dit laat jou baie cooler (en soms meer pateties) lyk as wat Guitar Hero se plastiese guitar jou laat lyk het. Die rede hiervoor is dat jy eintlik met ‘n regte guitar speel. Enige guitar. Jou eie guitar werk die beste. So wat kort jy om Rocksmith te speel? ‘n Regte guitar, Rocksmith die game en ‘n Xbox 360 of Playstation 3.

Toe die game by my opdaag kon ek nie wag om dit uit te probeer nie. Nadat dit my stap vir stap gehelp het om my guitar te tune is ek aan die diepkant ingegooi en moes sommer dadelik “(I Can’t Get No) Satisfaction” van die Rolling Stones begin speel.

Die nice ding van die game is dat dit aanpas by jou vlak van guitarspel. As jy al vir jare guitar speel dan tel die game dit op en maak dit vinnig vir jou moeiliker, sodat jy nie verveeld raak nie. As jy soos ek nog altyd wou guitar speel maar te lui was om te leer, dan sal dit jou stap vir stap help tot jy eintlik ‘n hele song kan speel. Ek sal binnekort vir julle ‘n meer in diepte review skryf. Kyk tot dan maar na die video hier onder. Dit maak dit lekker om te leer om guitar te speel.

Rocksmith sal in Oktober in Suid-Afrika beskikbaar wees op Xbox 360 en Playstation 3.


You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *