Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Queens Of The Stone Age – Go With The Flow

As jy die site volg en elke nou en dan ‘n draai hier kom maak, sal dit vir jou geen geheim wees dat ek ‘n fan is van Queens of The Stone Age nie. Queens of the Stone Age se Songs For The Deaf is los hande in my Top 5 albums van alle tye. Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer ek al na die album geluister het nie. As jy laas week gehou het van Eagles of Death Metal se “I Want You So Hard” is Queens of the Stone Age definitief vir jou.

“Go With the Flow” is een van die singles van Songs for The Deaf af. Dit is ‘n awesome rock track. Dave Grohl het actually drums gespeel op die hele Songs For The Deaf album. Na die tyd het Dave gesê dat hy nog net een keer oorweeg het om Foo Fighters te los vir ‘n ander band en dit sou wees om Queens of the Stone Age se permanente drummer te word.

Die video vir “Go With The Flow” is sexy en drip van die sex. Dit is duidelik waaroor die video gaan. Kyk maar self en geniet die awesome song.

You may also like...

2 Responses

  1. April 10, 2013

    […] ek nou op die Queens of the Stone Age trein is, is daar nog twee video's wat ek vir julle moet wys van hulle. Ok, die een video is nie […]

  2. January 22, 2014

    […] ver ek verstaan gaan Queens of the Stone Age, Nine Inch Nails, Dave Grohl en Lindsey Buckingham saam die stage vat vir die closing performance. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *