Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Zodiac – A Bit of The Devil

Hoe baie gebeur dit dat jy ‘n album ontdek en dan wonder jy: “Bliksem! Hoekom het ek nog nooit van te vore van die gehoor nie?”

Zodiac – A Bit of The Devil

Zodiac - A Bit of The Devil

Dit het laasweek met my gebeur toe ‘n vriend vir my ‘n Deezer link stuur na die album A Bit of The Devil deur die band Zodiac. Zodiac is ‘n rock band uit Duitsland. Hulle is veral influenced deur blues inspired 70s rock soos Stevie Ray Vaughan en Billy Gibbons se werk. Ek hoor verseker die blues influence, maar daar is vir my lekker vet stoner rock vibes ook.

As jy hou van bands soos The Black Keys, Jimi Hendrix, Queens of the Stone Age, ZZ Top en selfs Led Zeppelin dan kan jy nie verkeerd gaan met A Bit of the Devil nie. Tussen podcasts luister ek nou al die hele week non-stop na die album. Van my favourite tracks is “A Bit of The Devil”, “Horrovision” en “Assembly Line” maar eerlikwaar hou ek van elke song op die album.

Maak jou Maandag beter met goeie rock-musiek. Jy kan lekker die album luister op Deezer, register net vir jouself a free account.

You may also like...

1 Response

  1. November 28, 2016

    […] Die song aan die begin van die week se podcast is “A Bit of the Devil” van Zodiac. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *